![]() Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer. |
![]() Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander! |
Die Angelus van Millet is al die mees godsdienstige skildery van die negentiende eeu genoem. Die tema is eenvoudig, maar wat ‘n mens aan die hart gryp, is die eenvoud van die emosie. Die aandklokke lui en roep almal op tot gebed. ‘n Werkerspaar op die landerye hoor die klokke, hou dadelik op met werk en buig hulle hoofde in gebed. Dit is al. Maar die hele prent weerspieël ‘n sonderlinge atmosfeer wat só deurdrenk is met die diepe misterie van die natuur en lewe dat die gebed doodnatuurlik…
MeerGepubliseer op 22 Januarie 2012 om 15:34 —
Ek deel graag met julle ‘n artikel van wyle Dr. Manie Malan wat sowat dertig jaar gelede in die dagblad Beeld verskyn het. Ek hoop almal van julle wat dit lees put net soveel seën daaruit as ek.
“Ek is ‘n Christen. Ja, ek is ‘n Christen. Julle kan nog soveel kla-briewe opstel en my Christenskap betwyfel, dit sal niks daaraan verander nie. Dit sal seermaak, en op die ou einde sal dit my dalk doodmaak, maar dit sal nie ongedaan maak dat ek‘n sondaar is wat glo nie.
Luther het dit…
MeerGepubliseer op 16 Januarie 2012 om 14:54 — — 3 Kommentare
Wie van ons moderne mense weet nog wat ‘n roosterkoek of ‘n askoek is? Gewoonlik is die uitgerysde deeg in plat koeke gevorm en net so op ‘n rooster of ‘n plaat gebak totdat dit gaar is. Die geheim van sukses is dat so ‘n roosterkoek gedurig omgedraai moes word, anders verbrand dit aan die een kant en is nog rou aan die binnekant.
Die profeet Hosea sê dat Efraim, een van die stamme van Israel, soos ‘n roosterkoek is wat nie omgedraai is nie. Aan die een kant waar die vuur gloei, is…
MeerGepubliseer op 16 Januarie 2012 om 10:32 — — 1 Kommentaar
“En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid . . .” ( 2 Kor. 3:18 )
Hier vroeg in die nuwe jaar is dit elkeen se begeerte om te verander. Sommige wil van karakter, deug of gewoonte verander. Nuwe jaar voornemens bestaan byna altyd daaruit dat ons sekere dinge in ons lewe of leefwyse wil verander.
Wanneer oor morele transformasie gepraat…
MeerGepubliseer op 10 Januarie 2012 om 12:38 — — 10 Kommentare
Hallo Fanie
Ek wil jou graag bemoedig met n kort getuie.
In 1999 moes ek vanaf Bloemfontein na Johannesburg verhuis, ook deur omstandighede buite my beheer. My vrou het eers 3 maande na my Johannesburg toe getrek. Ek en my vrou het in die 3 maande wat sy in Bloem agter gebly het vir n wonderwerk gebid dat ek sou terug kom, maar dit het nie gebeur nie. Sy het n werk by die Universiteit van die Vrystaat gehad wat sy toe moes bedank het, want daar was geen manier wat ek sou kon teruggaan Bloem toe nie. Hier moes sy dan weer n werk kom soek want sonder haar inkomste kon ons nie oorleef nie en werk is nog skaars ook.
Hier in Johannesburg aangekom het sy maar trane gestort en gewonder hoe sy sal kan aanpas, Hier in Johannesburg is die mense (volgens ons) mos anders as in die Vrystaat. Toe gebeur die wonderwerke, ons vind toe dat hier net sulke wonderlike mense is as in Bloem, volgens my vrou is die grootste wonderwerk dat sy binne n kort tydjie hier aangepas het. n Ander wonderwerk is dat sy van dat sy in Johannesburg aangeland het dit nog nooit vir haar nodig was om te werk nie. Sy is vandag n baie besige vrou, maar sy verdien nie n sent nie.
Toe ons Johannesburg toe getrek het, het my dogter nog in Somerset Wes gebly en my seun en sy vrou in Belgiee. Vandag bly my seun in Silverlakes in Pretoria en my dogter 10 minute van ons af. As ons nog in Bloem was, was ons kinders nie naby nie en intussen het daar nog kleinkinders bygekom. God het al hierdie dinge geweet.
Alles werk mee ten goede.
NS. Ek bly nog n Cheetah en gaan reeds more aand kyk hoe speel hulle teen die Bulle daar "soos my seun se" in Pretoria Bay
Vrede en rustigheid vir jou en jou gesin
Hallo Fanie,
Sjoe,ek val maar baie rond met e-kerk - hoe om inskrywings te maak ens.Lyk vir my hierdie is `n geskikte plek om te reageer op jou vraag van `n tydjie gelede van watter van watter van Emmenese ek is.
Ek ken nie werklik die stamboom van die van Emmenisse nie.Ek sien ek is en jy es.Het ons dieselfde gemeenskaplike voorouers?Ek weet nie.
Nietemin,my oorlede pa het in die omgewing van Vaalwater grootgeword.Ek weet ook van van Emmenisse wat in die middel 70`s op Warmbad gebly het.Ek dink die name Pieter en Stefanus was prominent in hulle familie.
Nou ja,soos jy seker kan sien ,lyk dit nie ek gaan jou van veel hulp kan wees met familie uitleg nie.
Groetnis eers.
Johan vannuit `n nat Pretoria
Opgelaai deur Ekerk
Opgelaai deur Ekerk
Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!
© 2012 Created by Ekerk.
BETAALDE ADVERTENSIES
|
Adverteer in ekerk media Wil jy graag jou advertensie hier sien? Laai gerus ons aansoekvorm af. Jy kan ook kontak maak met |
Enroute... It's not a place — it's a relation! Waar dit nie gaan oor die reëls en reg/verkeerd nie, maar oor "real"-wees... dit nie gaan oor "religion" nie, maar oor "relation"... Navrae: Etienne Schoeman Tel: 083-310-3687 E-pos: oubie@iafrica.com |
Christelike Uitgewersmaatskappy |



