Delf Dieper
DRIE KRUISE
Daar word baie gedebatteer watter rol kennis en emosie in 'n mens se spiritualiteit speel. Albei het verseker 'n groot invloed op hoe 'n mens kies om geloof of godsdiens te be-oefen.
"You realy have to ......care"
Christenwees is sekerlik nie moontlik sonder sterk emosie nie.
Stel jou die Psalms voor sonder emosie!
Dink aan die emosie wat Paulus losmaak as jy Romeine 11 vanaf vers 33 lees:
"O diepte van die rykdom en kennis vas God!
Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en hoe onnaspeurlik sy wee!
"Wie ken die bedoeling van die Here?
Wie gee Hom raad?
Wie bewys Hom 'n guns?
Sodat Hy verplig is om iets terug te doen?"
Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge.
Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid!
Amen"
Hoeveel emosie is nie nodig om op hierdie manier verwondering, bewondering, ontsag, agting en liefde uit te spreek nie!
Duidelik word uitgeroep dat wat God doen, nie verbeter kan word nie. Hy doen nie te veel nie, maar ook nie te min nie. God het altyd rede hoekom Hy op 'n besondere manier doen.
Hand aan hand met emosie loop simboliek. Die ruim mate waarin simboliek in die Bybel aangewend word, lewer 'n groot bydrae aan die manier waarop God se boodskap aan ons oorgedra word.
Van die kosbaarste simboliek vind ons in Jesaja 53:...".Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?.......Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word.......het Hy nie gekla nie..........."
Op die Joodse paasfees word Hy na die slagplek gelei............
Ontsaglik baie simboliek le rondom die Paasfees. Die ontstaan daarvan in Egipte en die rol wat dit in Israel se lewe speel, loop uit op Jesaja se profetiese woorde, die Lam van God wat Johannes die Doper sien, en uiteindelik hierdie profesie wat in vervulling gaan met Jesus se kruisdood.
God se bemoeienis met Sy mense loop doelgerig af op die offer van die Lam van God. (Lees Hebreers 9 & 10)
Jesus se dood aan die kruis is op besondere maniere die klimaks van Sy lewe op aarde.
Net voor Hy sterf, se Hy: "Dit is volbring!"
Sy taak is volledig en suksesvol afgehandel!
Is dit moontlik dat net die simboliek hiervan in die Kruisdood vasgevang word..........net die lam geslag vir sondaars?
"Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regterkant en die ander een aan sy linkerkant. (Luk 23:33)"
Hy is TUSSEN twee misdadigers gekruisig; nie alleen ne, eie eenkant nie, maar tussen sondaars, mense vir wie Hy kom sterf het sodat hulle sondes vergewe kan word.
Hierdie twee misdadigers, en die skare wat kom KYK het, is ook simbool van die reaksie wat mense eeue lank sou toon teenoor die Verlosser.
Luk 23:35+39: "Die volk het daar gestaan en kyk. Hulle raadslede het Hom ook uitgelag en gese: 'Ander het Hy gered. Laat hy homself red as hy die Christus is wat deur God uitverkies is'
Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te se: ' Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!'"
Hierdie eerste misdadiger is uitdagend Hy spot Jesus minagtend, terwyl hy Jesus se Koningskap verwerp. Hy is simbool en voorloper van diegene wat op eie krag staatmaak en die verlossende Evangelie van Jesus Christus verwerp. Hy het gehoor wat daar oor Jesus getuig is, nogtans kies hy selfs in sy eie doodsuur om hierdie getuienis te verwerp. Van die kruis langs Jesus kreet hy sy eie ongeloof uit vir almal om te hoor. Soos die Joodse raadslede maak hy ondubbelsinnig sy keuse ten opsigte van die Verlosser bekend. Hy KIES om 'n ongelowige te wees! 'n Simbool van die ongelowiges wat die Evangelie gehoor het en verwerp het. (Heb 6)
Die tweede misdadiger glo in Jesus, bely sy eie skuld en KIES om Jesus as sy redder te aanvaar......... "Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom......."
Wat 'n geloof! Jesus hang saam met hom aan die kruis, nogtans glo hy dat hierdie man, wat net soos hy besig is om te sterf, sy verlosser is. Hy is die simbool en voorloper van diegene wat hulle eie skuld besef, die Verlosser herken, en kies VIR Jesus
Vers 35........"Die volk het daar gestaan en kyk......"(toeskouers)
Verwonderd en versom aanskou die skare die lyding wat voor hulle afspeel. Op 'n bisarre wyse het hulle die hele dag meegevoer geraak en deelgeneem aan die onvergeetlike drama, sonder om werklik deel daarvan te word.
Hulle is aangeraak deur die gebeure maar kan nie werklik besluit watter rol hulle in hierdie drama speel nie.
Om te betrokke te raak, kan dalk 'n te hoee prys vra.
En tog kan hulle hulself nie heeltemal losmaak van die gebeure nie.
Hierdie skare is die simbool van die massa mense wat op 'n "deeltydse basis" volgelinge van Jesus Christus probeer wees. Die Gees se in Openbaring 3:15 vir hierdie mense : "Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg"
In Matteus 7 vanaf vers 21 se Jesus self dit op 'n ander manier : "Nie elkeen wat vir My se : 'Here, Here' sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. Baie sal daardie dag vir My se: 'Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam duiwels uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?' Dan sal Ek openlik vir hulle se: 'Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.'"
Die twee misdadigers het elkeen 'n keuse gemaak oor Jesus die Verlosser, en die skare het besluit om nie te kies nie...........Wat van .......jou?
Hoe kies jy?
GELOOF EN GELOOFSEKERHEID
Daar word gese: Deur jou geloof word jy gered.
En ook: Jy moet glo om die ewige lewe te be-erf.
Klaarblyklik is 'glo' en 'geloof'' dus baie belangrik.
Dan moet ons seker maak dat ons verstaan wat glo en geloof beteken.
Daar is egter baie onduidelikheid en uiteenlopende idees rondom hierdie begrippe. In Afrikaans se ons ook nog: Hy het 'glo' teen die berg opgehardloop!
Hierdie bring onmiddellik 'n sterk element van twyfel in die gedrang. Nou word dit nog moeiliker:
Wat beteken dit om te glo? Wat beteken geloof? Wat beteken dit spesifiek dan in terme van die christenskap?
Dit is baie duidelik dat 'geloof' en 'glo' van deurslaggewende belang is ten opsigte van ons saligheid en 'n kern vorm van die christelike evangelie.
Dink maar aan : Romeine 3:28 -" Ons betoog is tog dat 'n mens vrygespreek word omdat hy glo, nie omdat hy die wet onderhou nie."
Rom 4:5 - "Maar die mens......wat glo in Hom wat die goddelose vryspreek, hy kry die vryspraak deur sy geloof."
Hand 16:30,31 - "Menere, wat moet ek doen om gered te word?" Hulle antwoord hom: "Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word."
Dan word daar ook nog gepraat van geloofsekerheid.
Daar word beweer dat geloofsekerhieid noodsaaklik is vir redding!
Voordat ons oor geloofsekerheid praat, moet ons seker maak dat ons werklik weet wat glo en geloof beteken.
Glo is die werkwoord, in Engels: believe.
Geloof is die naamwoord, in Engels: faith
Die Griekse en Hebreeuse woorde wat ons met 'glo' vertaal, beteken: om op te vertrou, om ten volle oortuig te wees, om te erken, om op staat te maak, om beslis en gevestig te wees.
Dit word weerspieel in die definisie van geloof wat ons in die Bybel vind in Hebreers 11:1
(Ou vertaling): "Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie."
(83 vertaling): "Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie kan sien nie."
(Die Boodskap): "Wat beteken dit om op God te vertrou? Geloof of vertroue in God beteken om nie een oomblik te twyfel dat Hy sy beloftes sal hou nie en om daarna uit te sien."
(NLV): "Wat is geloof dan? Dit is 'n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak."
(NKJV): "Now faith is the substance of things hoped for, the evidence of things not seen."
By glo en geloof in christenskap speel twyfel geen rol nie. (Nie soos: Hy het glo teen die berg opgehardloop nie.).
"As ek dus bely dat ek glo dat ek gered is, beteken dit dat ek WEET dat dit so is....dit beteken nie......ek hoop so nie!"
Dit beteken om God op sy Woord te neem.
Hy het dit juis so voorsien......want sekerheid verdring vrees.
"Geloof is om onbevrees en met oorgawe te vertrou op God se woord, en met sekerheid te weet dat Hy sy beloftes sal nakom"
Is dit arrogant?
Matig ek my te veel aan met so 'n geloof?
MAG ek so selfversekerd wees?
Mag ek se ek is SEKER DAT EK GERED IS? Of is dit soos die Fariseer wat op sy bors geslaan en homself in sy gebed teenoor die tollenaar gemeet het? (Luk 18:0-14)
Paulus vra op 'n ander plek ......"wat sal ons van al hierdie dinge se?"
Die belangrike is : Wat se die Bybel?
1 Joh 5:12, 13 se: "Die getuienis behels dit: God het ons die ewige lewe gegee, en dit lewe is deur sy Seun. Die wat die Seun het, het die lewe; die wat nie die Seun het nie, het ook nie die lewe nie.
Hierdie brief skrywe ek vir julle sodat julle kan WEET dat julle die ewige lewe HET....julle wat aan die Seun van God glo."
Daar is nie twyfel nie, ons HET dit, nie.....ons gaan dit kry nie!
Joh 6:47: (Jesus se) "Dit verseker Ek julle: Wie in My glo, HET die ewige lewe...." (Teenwoordige tyd)
Joh 1:12: "Maar aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word."
Waar kom geloofsekerheid dan in?
Ons se juis: Geloof IS sekerheid!
Geloofsekerheid is dus 'n dubbele bevestiging.
Wanneer ons van sekerheid praat, is dit eerder ......sekerheid van saligheid.......waarvan ons van praat.
As ons dan weet wat glo en geloof beteken, bly die ander belangrike vraag egter:
Wat.........of waaraan.......glo ons?