Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
Lettie Jacobs
Lettie Jacobs
  • Vroulik
  • Mariental
  • Namibia
Share on Facebook Stuur Aan Twitter

Lettie Jacobs se Vriende

  • Niel du Plessis
  • Sarel Corrie
  • Helga de Villiers
  • Hester Human
  • Bessie louw
  • veronica du plessis
  • Pierre Immelman
  • Susan
  • Dirkie de Wet
  • Sharon van der Vyver
 

Lettie Jacobs se Bladsy

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Nita Meintjes commented on Lettie Jacobs's blog post 'BABELSE VERWARRING MET WOORD EN GETUIENIS'
Lettie, ek verstaan jou frustrasie, ek het ook so gevoel en toe gaan huiswerk doen. Dis agv wat in Babel gebeur het dat ons as Christene vandag so verward is.  Die Pagan / Christen "Fusion" (wortels) is so deel van die kerk vandag dat…
Jul 1, 2011
Profile Icon
Lettie Jacobs commented on Ekerk's blog post 'Vul jou lewe met sy vrede'
Dankie Milanie vir die versekering dat ons nooit alleen is nie, dat ons 'n God aanbid wat die pad saam met ons loop!  Mag ons hierdie pad een dag op 'n slag met Jesus loop.  Net vandag behoort waarlik aan ons, laat ons dit die…
Jan 28, 2011
Profile Icon
Ek het my emailadres verander en hoop ekerk sal dit goedkeur en my toelaat om my blogs en bladsy te behou! Steeds Lettie Jacobs!
Status posted by Lettie Jacobs Jan 28, 2011
Profile Icon
Lettie Jacobs commented on Ekerk's blog post 'Hoe verdedig jy die evangelie?'
Dit is maar 'n moeilike saak Stephan! Ek wil met jou en Susan saamstem. Soms word mens onwillekeurig in gesprekke betrek, en wil jy ten minste as Christen vir jou geloof iets te se he!  Maar soos jy se, "Stilbly is ook 'n goeie…
Jan 27, 2011
Profile Icon
Lettie Jacobs commented on Ekerk's blog post 'Ek wonder soms oor daardie liefde!'
Die sogenaamde "voorspoedteologie" het baie daarmee te doen dat mense se geloof in God alleen kan bestaan as God "sy deel" doen as ek my deel gedoen het!  Selfs emails wat die rondte doen, beloof God se seen en voorspoed as…
Jan 27, 2011
Profile Icon
Ons bid vir Lennon krag toe om Liezl by te staan. Met die Groot Geneesheer by julle, sal alles goedgaan. Sien julle volgende week, DV.
Status posted by Lettie Jacobs Jan 24, 2011
Profile Icon
Ek bid dat God hierdie week my dogter sal lei om haar seuntjie gesond in die lewe te bring. Mag sy aan Hom vashou, met ouers ver in Namibia.
Status posted by Lettie Jacobs Jan 24, 2011
Profile Icon
Lettie Jacobs commented on Elna Davies's blog post 'Talente en die Koning van Tirus'
Elna, ek het ook 'n stryd gehad oor my twee kinders, altwee 'n sterk aanleg in die natuurwetenskappe, Pa 'n liefde vir die geesteswetenskappe en Ma 'n liefde vir die handelswetenskappe.  Ek was net bekommerd hoe my kinders…
Jan 24, 2011
Profile Icon
Lettie Jacobs commented on Ekerk's blog post 'In God se Huishouding'
'n Leersame en baie vertroostende artikel deur Helene. Hier kom ek ook my tekortkominge agter en besef ek, ek sal harder moet probeer om in die Huishouding van God, 'n bydrae te kan maak. Ek faal op vele terreine, maar daar is 'n…
Jan 24, 2011
Profile Icon
Lettie Jacobs commented on Ekerk's blog post 'Know your head’s default mode'
Hoe belangrik is dit nie vir elke gelowige om versigtig om te gaan met sy denke nie. Die rekenaarboffins praat gereeld van "garbage in, garbage out", en dit gebeur ook met ons gedagtes! Laat ons ons denke suiwer deur die Heilige Gees toe…
Jan 24, 2011
Profile Icon
Lettie Jacobs commented on Ekerk's blog post 'Geestelike groei is nie waaroor dit ten diepste gaan nie'
Ek hoop Stephan laat ons toe om saam met hom dieper te delf oor die "Impak"-idee teenoor geestelike groei! Dis splinternuut en klink baie bevrydend. Mag ons saam met hom hierdie geestelike les leer. Seenwense.
Jan 24, 2011
Profile Icon
Lettie Jacobs commented on Peter Baumgardt's blog post 'Binne, Buite en Para Kerk???'
Weer eens het "die potroer artikel" baie interessante feite na vore gebring!  Fanie en Theo se kommentare is regtig insiggewend en ons leer baie daaruit.  Moenie ophou nie!  Ek kom dinge hier te wete waarvan ek niks weet…
Jan 24, 2011
Profile Icon
Lettie Jacobs commented on Hennie Fritz's blog post 'WAAR'S DIE ENGELE?'
Pragtig Hennie en Bessie!  Dit laat my so terugdink aan my jonger dae toe die kinders nog klein was.  Nou kan ek my kleinkinders ook deel maak van die wonder! Seenwense.
Jan 23, 2011
Profile Icon
Lettie Jacobs commented on Ekerk's blog post 'Is ons toe al die tyd masjiene, pleks van lewende organismes?'
Bessie en Jorrie, julle kommentare vul Stephan sin pragtig aan.  En ek glo ook aan beplanning, maar beplanning moet nie van jou 'n masjien maak nie!  Ons menswees moet aan God gekoppel bly, selfs in ons beplanning. Laat ons maar voor…
Jan 23, 2011
Profile Icon
Lettie Jacobs commented on Ekerk's blog post '‘n God vir vandag en môre'
Baie dankie Milanie, jy inspireer altyd met jou artikels!  Die sekerheid dat ons NOOIT sonder ons Here sal wees nie, is wonderlik! Seenwense.
Jan 21, 2011
Profile Icon
Lettie Jacobs commented on Ekerk's blog post 'Oor belydenisskrifte, waarhede en die Waarheid'
Dis ongelooflik interessant om hierdie kommentare te volg!  Hier leer ons feite wat ons nooit van geweet het nie, want waar sal ons die boeke in die hande kry om dit te lees, en is ons ooit bevoeg genoeg om wel die inhoud van hierdie boeke te…
Jan 21, 2011
Wat 'n wonder om aan Jesus te behoort! Die wereld moet meer en meer van hierdie wonder te wete kom! Soveel probleme sal opgelos word as medemense hul harte aan Jesus gee. Van kleins af het ek my twee kinders geleer van Jesus en vandag nog behoort hulle aan Hom en leer my seun sy seuns van Jesus!

Ons word toegegooi deur die media onder slegte nuus. Saans kan mense nie slaap nie, want ons is bekommerd oor die toekoms. Wanneer word ons toegegooi onder die goeie nuus? Of is dit net slegte nuus wat sensasie veroorsaak? Kom ons bid vir ons regeringshoofde en kabinetslede vir wysheid in die RSA en Namibie. Ons is veronderstel om vir ons regerings te bid! Ons moet hulle opdra aan 'n almagtige God wat sy genade oor ons land kan uitstort. En glo my, genade het ons dringend en baie nodig!

Mag die Drie-enige God sy hand van genade en liefde uithou oor ons kinders, ons land Namibie, ons bevolking en ons regering. Ons bid vir vrede en versoening. Vergeet die Malemas in ons midde, hulle is bloot mense wat onder God se mag staan. Ons staan vas onder God se mag en geen vrees sal in ons wees nie.

Moenie verswak in die geloof en val vir goedkoop politiek nie! Staan vas in die geloof!

Lettie Jacobs's Blog

Lettie Jacobs

DRA GOD SE BELOFTES IN JOU HANDSAK

In die tydskrif "Leef" van Januarie 2011 word 'n pragtige artikel geskryf oor hoe om aan Sy beloftes vas te hou, veral in hierdie jaar wat voorle.

 

Daar word gese dat in "All the Promises of the Bible", geskryf deur Britse teoloog Herbert Lockyer, agtduisend beloftes in die Bybel voorkom wat ons kan gebruik in ons lewens!  'n Jaar bestaan uit 365 dae, dus oorgenoeg om ons…

Meer

Gepubliseer op 10 Januarie 2011 om 22:10 — — 1 Kommentaar

Lettie Jacobs

JANUARIE 2011

"EWIGE GOD

Dis weer tyd vir 'n nuwe begin.

Alles wat in Desember sogenaamd "gesluit" is,

dikwels ook met vrolike partytjies en versiersels,

word nou weer plegtig "geopen"

meesal met 'n sedeprekie en aansporing.…

Meer

Gepubliseer op 1 Januarie 2011 om 15:56 —

Lettie Jacobs

SING EN SE DANKIE - 2010

"Nee, laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus (Efesiers 5:18-20)".

 

Graag deel ek hierdie gedeelte met my mede-ekerkers, want dit is so kosbaar hier aan die einde van 2010.…

Meer

Gepubliseer op 29 Desember 2010 om 21:54 —

Lettie Jacobs

CHRISTUS IN MY - MY KERSGESKENK 2010

"En nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe" (Galasiers 2:20).

 

Vir jare het ek die Bybel gelees totdat ek eendag hierdie vers baie stadig gelees het.  Ek het die IN omkring om die gedagte uit te lig dat Christus waarlik IN my as mens LEWE!  Dit is 'n oneindige groot ontdekking as dit tot jou deurdring.

Andrew Murray stel dit so treffend in sy boek, "Die hartklop van God": "In hierdie woorde druk Paulus drie groot gedagtes…

Meer

Gepubliseer op 20 Desember 2010 om 22:20 — — 1 Kommentaar

Kommentaar Muur (24 kommentare)

Jy moet 'n lid van Ekerk wees om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Om 10:25 op 13 Desember 2010, het Jorrie JordaanJorrie Jordaan gesê…

Hallo Lettie / Ben

Dankie vir die belangstelling. Ek het 'n terugslag September gehad. Ek het aan 'n pyp vasgehou met regterhand. My hand het gegly en die pyp het my onder die regter arm geslaan en die senuwee beseer wat die regterhand en gewrig laar hang het. Ek moes toe die muis met twee hande hanteer wat baie vermoeiend met die werk is. Dit het in so 'n mate herstel dat ek van gister af weer die muis kan hanteer, maar die hand / arm word gou moeg. Geduld en tyd is die wagwoord.  

Drie weke gelede het ''n spinnekop  my aan die regter bobeen gebyt waarna ek twee weke in die  hospitaal was. Moes op my rug le en die been in die lug. Ek is nou 'n week by die huis en het baie krag verloor. Oefen baie om weer die basiesse dinge kan doen. Die vordering is daar en glo dat ek so oor 'n maand die Comrades sal kan hardloop. Die Here is goed vir my en hy verhoor ons gebede.

Sterkte vir julle, julle is in ons gebede.

Groete

Jorrie  

Om 6:34 op 30 November 2010, het Hester HumanHester Human gesê…
Hello Lettie,
Alles het goed afgeloop dankie. Met al die gebede wat my gedra het kon dit ook nie anders nie!! Ek voel baie goed, ek is pynloos vir die eerste keer in jare!!! Ek kan die Here nie genoeg dank vir alles wat hy vir my doen nie!!!
Om 11:00 op 18 November 2010, het Adien HattinghAdien Hattingh gesê…
Dis vir my ook baie lekkerder op e-kerk se webblad as op enige ander sosiale netwerk webblad. Ek is 'n leser meer as 'n skrywer en slurp alles op wat julle skryf maar het ook soveel issues.......depressie sonder rede, bekommernis oor my kinders en ek bid my knieë deur vir hulle maar steeds voel hulle vir my so ver van Jesus af. Ek wil Hom nie in hul keel afdruk nie, hulle is 21 en 19 en seuns. Ek het nou die dag gehoor 'n dominee sê hy wens hy was 22 met die kennis van nou(51). Dit gee my hoop, ek bid net dat hule heel anderkant uitkom. Die duiwel en sy trawante nl. seks, drank, dwelms en dies meer is net so maklik beskikbaar in vandag se lewe.....

Ek wil ook hê Pierre moet sy vrae begin vra want ek voel ook of my vrae dom is. Mens raak so maklik deurmekaar hoewel ek dink ek is verslaaf aan Stefan se audio en video preke. Ek luister dit oor en oor. Dit gee my meestal baie hoop. Hoe weet mens jy is REGTIG op die regte pad hemel toe?
Om 16:55 op 16 November 2010, het David MalherbeDavid Malherbe gesê…
Lettie, My blog artikel "Berei die weg?", gaan nie oor groot of klein doop nie, maar net oor hoe ek verstaan Johannes die Doper die weg vir Jesus voorberei het. Oor groot of klein doop glo ek moet elkeen self die saak met die Here uitmaak. Soos wat die Heilige Gees (en nie mense nie) oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel (Joh 16:8) glo ek oortuig Hy ook tov die doop. My ondervinding is dat die Here lei deur ons vrede te gee oor 'n saak. As jy vrede het oor watter doop ook al, dien die Here met jou hele hart en siel en verstand en met al jou kragte, (Mar 12:30&33) daar waar jy is. David Malherbe
Om 21:55 op 11 Oktober 2010, het Sarel CorrieSarel Corrie gesê…
Baie dankie vir die belangstelling Lettie. Ek gee klasse vir teologiese studente en tans is ons besig met die voorbereiding van die eksamens. Hulle het ook nou hulle laatste take ingehandig en dit alles moet nagesien word voor die einde van die week, sodat hulle 'n punt vir die eksamen kan kry. Daar is 4 vakke en meer as 200 take. Sodra ek dit klaar het, begin ek toesig hou by UNISA se eksamens vir bietjie meer as 'n maand. So ek is nou 'n bietjie stil, maar sodra die ergste oor is, sal ek weer voortgaan met die gesprekke. Ek het heelwat idees vir onderwerpe waaraan ek werk. Groete ook daar vir julle en die seen van die Here vir julle almal.
Om 13:07 op 27 September 2010, het Fanie van EmmenesFanie van Emmenes gesê…
Lettie dit is werklik 'n gebed diep uit my hart, dat alle besluite volgens Sy wil sal wees. Om God se wil in alles te soek is die maklike deel, om te weet WAT Sy wil is, verg baie knie werk.
Lekker dag vir jou, verbeel ek my of is dit baie stil op die forum ?
Vrede!
Om 22:45 op 18 September 2010, het Sarel CorrieSarel Corrie gesê…
Baie dankie Lettie, ek hou van sulke uitdagings en selfs al word die argumente soms van die tafel afgevee, het ek ten minste weer 'n herbevestiging van my eie geloofsstandunt gekry!
Om 16:11 op 16 September 2010, het Fanie van EmmenesFanie van Emmenes gesê…
Lettie as jy probleme ondervind om geestelike boeke te bekom, onthou dat jy direk van Bybel-Media kan bestel, Cum het ook nou 'n uitstekende webwerf en het 'n groot verskeidenheid teologiese en geestelike boeke in voorraad. Jy kan natuurlik altyd Kalahari.net ook probeer. Ek het al baie boeke by laasgenoemde gekry wat ek op geen ander plek kon kry nie. Selfs Protea in pretoria het 'n groot voorraad. Boeke bereik 'n mens gewoonlik so binne 10dae.
Groete vir Ben, ek hoop dit gaan goed met hom.
Vrede!
Om 12:07 op 13 September 2010, het Amanda LotzAmanda Lotz gesê…
Beste Lettie, kyk asb. na my nuutste pos, waar jy meer kan lees oor my boek.
Baie dankie vir jou opbouende kommentaar.
Beste groete
Amanda Lotz
Om 12:39 op 10 September 2010, het Fanie van EmmenesFanie van Emmenes gesê…
Lettie ons is saam met julle dankbaar dat alles goed gaan met jou dogter se swangerskap. God is getrou!
Vrede
 
 
 

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 11 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 12 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 13 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
22 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service