![]() Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer. |
![]() Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander! |
deur Stephan Joubert
Wanneer die woordjie “tyd” ter sprake is, hoor jy dat dikwels tyd vlieg, tyd is skaars, tyd is kosbaar, of dat tyd nie vermors kan word nie. Ek moes daarom lag toe ek iewers lees van ‘n brief wat Johann Wolfgang von Goethe op 6 Junie 1825 aan Zelter, sy komponis-vriend in Berlyn geskryf het. Hierin kla hy steen en been oor die geweldige spoed waarmee alles in daardie tyd gebeur. Almal jaag volgens hom net agter geld en vinnige dinge aan. Tot…
MeerOpgelaai deur Ekerk op 8 Februarie 2012 om 18:00 — Geen Kommentaar
In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se goeie pligsgetroue arbeid, gee hulle daardie Desember vir hom en sy gesin ‘n weeklange betaalde vakansie in Durban. Hy, vroutjie en hul drie kinders vlieg die Vrydagmiddag van die Kaap af, word afgehaal by die lughawe en na die eens gewilde Four Seasons Hotel geneem. Koffers, sakke en kinders in die voorportaal.
Dit is toe hier waar ‘n probleempie ontstaan.
Die…
MeerOpgelaai deur Hennie Fritz op 8 Februarie 2012 om 17:00 — Geen Kommentaar
deur Gerhard Bothma
“My hartklop was nou die dag skielik baie hoër as my IK,” sê ‘n vriend onlangs tydens ‘n kuiertjie. Dat hy oor ‘n buitengewoon hoë intelligensie beskik, weet ons al, net soos ons ook geweet het dat hy in elk geval verder aan sy storie sou vertel. “Toe ons Vrydag Tswanetoria – sy naam vir Pretoria – ry, gooi iemand ‘n sakkie by sy venster uit,” gaan hy toe inderdaad voort en vertel hoedat die motor…
MeerOpgelaai deur Ekerk op 8 Februarie 2012 om 7:00 — Geen Kommentaar
deur Milanie Vosloo
Terwyl die Here by Moses verbygaan, roep Hy uit: “Ek is die Here. Ek is die God wat mense help ... Ek bly altyd getrou. Jy kan op my reken.” Eksodus 34:6
’n Lewe saam met ons Here vrywaar ons nie noodwendig van pyn, ongemak, spanning en lyding nie. As dit so was, het die wêreld waarskynlik nét uit gelowiges bestaan. Tóg verander ons lewens radikaal die dag wanneer ons dit vir Hom gee. Want dan behoort ons mos aan Hom. En omdat ons sy eiendom…
MeerOpgelaai deur Ekerk op 7 Februarie 2012 om 7:00 — 2 Kommentare
deur stephan Joubert
Jy benodig ‘n internasionale visum in jou hemelse reisdokumente as jy iewers heen wil verhuis. Al het jy dalk “reisdokumente na een of ander buitelandse destinasie, is dit nog nie te sê dat God jou reis goedgekeur het nie. Nee, dit gaan nie oor “blyers of glyers” nie. Sommige mense wat Suid Afrika verlaat het, is venynig teenoor hul ou land en vertel net van die melk en heuning lewe van veiligheid en voorspoed oorkant die waters. Ander kere weer is dit die…
MeerOpgelaai deur Ekerk op 6 Februarie 2012 om 10:13 — 1 Kommentaar
deur Rene van Zyl
Kyk, ons katte hou mos van enige ding wat roer en bewe want ons hou daarvan om die ding dan te bekruip en te bespring. En as ons lus is, dan vreet ons die gedierte op – of dit nou ’n muis is of ’n kriek of ’n mot. Maar een ding hou ek niks van nie: ’n sprinkaan. Die goed…
Opgelaai deur Ekerk op 6 Februarie 2012 om 8:30 — Geen Kommentaar
deur Stephan Joubert
Ek betaal ‘n duur prys vir my naïwiteit. Ek vertrou mense toe-oë. Soms kos dit my. Enigiets van geld wat ek kwyt is, tot 'n verlies aan integriteit omdat mense my woorde verdraai en hul eie stories na die tyd spin. Daarom dat vroulief een keer gesê het party mense lees daardie plakkertjie op my voorkop. “Watter een?” vra ek toe. “Ag skat, die enetjie waarop daar geskryf staan: ‘sucker for punishment.’” Ware woorde. Tog dink ek…
MeerOpgelaai deur Ekerk op 5 Februarie 2012 om 18:29 — 1 Kommentaar
deur Milanie Vosloo
Ek sal hulle bietjie vir bietjie voor jou laat padgee soos jou getalle al meer word en jy al meer plek nodig het om te bly, totdat jy uiteindelik die hele land kan oorneem. Eksodus 23:30
Ons almal sukkel maar soms met ons ongeduld. Ons wil so graag dinge vinnig afgehandel kry, ’n probleem dadelik uitsorteer en oornag die dinge ontvang waaroor ons droom. Wanneer dit nie onmiddellik gebeur nie, voel ons gefrustreerd en is ongeduld geneig om ons…
MeerOpgelaai deur Ekerk op 3 Februarie 2012 om 7:00 — Geen Kommentaar
by Stephan Joubert
The third line in the call of Our Lord would be something like: “Bring in and send out.”But the very first line that you’ll always hear from Jesus would be just two words: “Follow Me!” This is the ABC and the XYZ of the call to discipleship. Just this. “Follow Me.” Not: “Build me a church.” Or: “Change the world.” Nope!” Follow Me!” That’s it. Only in line three of the call would you hear the words of the Great Commission (Matthew 28:19-20) where Jesus…
MeerOpgelaai deur Ekerk op 2 Februarie 2012 om 19:00 — Geen Kommentaar
deur Stephan Joubert
Onlangs het my vrou en ek ‘n wonderlike dag in Kaapstad deurgebring. Teen middagete gaan sit ons in ‘n kerk iewers in die middstad. Daar lees ek toe ‘n klompie huldeblyke teen die mure ter herinnering aan leraars wat gedurende die vorige eeue daar gedien het. Van Reverend Smith Spenger wat 1905 oorlede is, is gesê dat hy “eloquent, powerful, evangelical” was, “a man of large and generous sympathies.” En van Reverend James…
MeerOpgelaai deur Ekerk op 1 Februarie 2012 om 19:30 — Geen Kommentaar
EK WAS WEERGEBORE, MAAR TOG GEESTELIK ARMLASTIG
1 JESUS VAN NASARET SE AANKONDIGING
Jesus van Nasaret kondig voor Sy kruisiging die koms van die Heilige Gees aan en met bestudering van Joh 14-16 sal ons sien dat die Heilige Gees by uitstek getuig, onderrig, tot geheue roep en sê Jesus ten minste 7 keer dat die doel van die inwoon van die Heilige Gees is om die gelowige te bring tot die kennis van Christus, d.w.s die Heilige Gees openbaar aan…
MeerOpgelaai deur Thys Swanepoel op 1 Februarie 2012 om 9:30 — Geen Kommentaar
deur Luther Backer
Wat leer ons uit die skrif oor dien van eie belange in ons werk?
Paulus het in sy brief aan die Fillipense die volgende oor Timoteus geskryf: Ek het trouens neimand met dieselfde gesindheid as hy en wat julle belange so opreg sal behartig nie. Al die ander soek net hulle eie belange……(Fillipense 2:21). Dit gaan dus hier eerstens oor om vir ander om te gee en dit wat vir jou self belangrik is op die agtergrond te skuif.
Om eie belange…
MeerOpgelaai deur Ekerk op 1 Februarie 2012 om 7:00 — 1 Kommentaar
deur Stephan Joubert
Maarten Luther het die wêreld andersom laat draai met sy 95 stellings teen Wittenberg se kerkdeur op 31 Oktober 1517. Luther het gelowiges na ‘n duisend jaar van Babiloniese Ballingskap uit die hande van ‘n magsbehepte godsdiens struktuur kom losskeur. Hy het die Bybel ook weer in die hande van gewone mense teruggeplaas. G’n wonder nie dat hy in 1999 aangewys is as die derde mees invloedryke persoon van die vorige millennium. Na jare se worsteling en na…
MeerOpgelaai deur Ekerk op 31 Januarie 2012 om 19:00 — 3 Kommentare
Opgelaai deur Ekerk op 31 Januarie 2012 om 7:00 — 1 Kommentaar
Hierdie jaar is ekerk weer deel van 'n grootse poging deur 'n paar heldhaftige fietsryers om die moordende Cape Epic bergfietswedren te voltooi ten bate van liefdadigheid. Lees hieronder meer oor die poging, of laai die inligtingstuk via pdf af...…
Opgelaai deur Ekerk op 30 Januarie 2012 om 17:32 — Geen Kommentaar
deur Alet Gardner
Toe ek na die Kersvakansie ernstig begin planne maak om my kantoor/studio te orden het ek tot die besef gekom hier is ‘n gróót berg voor my.
Die versamel-instink lei so maklik tot opgaar, wat natuurlik ‘n tipe verslawing is, en soos met elke verslawing gaan ek nie by ‘n oplossing/herstel/genesing uitkom voordat ek nie erken het dat ek moontlik ‘n probleem het én by die grondoorsaak daarvan uitkom nie.
Dis so maklik om verskonings uit te dink, soos dat…
MeerOpgelaai deur Ekerk op 30 Januarie 2012 om 12:35 — Geen Kommentaar
deur Stephan Joubert
“Toemaar, dis nie ‘n giftige slang nie,” roep ‘n vriend van my vinnig uit toe sy vrou ‘n slang in die huis opmerk. “Ek gee nie om watter maak dit is nie, kry net die slang uit die huis uit.” Soms tel die “maak” of fabrikaat nie wanneer ‘n gevaarlike gedierte op die toneel verskyn nie. Die gemiddelde persoon hoef nie ‘n slangkenner te wees as een op die toneel is nie. Tog het ons mak geword wanneer die slang van Openbaring 12 op…
MeerOpgelaai deur Ekerk op 29 Januarie 2012 om 23:10 — 1 Kommentaar
deur Luther Backer
Is mense bang vir jou? Leef hulle in vrees en bewing dat hulle dalk ‘n fout sal maak en jy hulle dan oor die kole sal haal? Kom jou werkers en vra om verskoning, of weet hulle dat as jy sou uitvind dat hulle ‘n fout gemaak het, jy soos ‘n vrag bakstene op hulle koppe sal neerkom! Nou steek hulle dit so goed as moontlik weg met die hoop dat jy niks sal agterkom nie. Of het jy ‘n hart vir mense wat hulle oortredings vergewe, hulle verskoningsaanvaar en hulle…
MeerOpgelaai deur Ekerk op 27 Januarie 2012 om 8:00 — Geen Kommentaar
deur Marius Nel
Todd Burpo saam met Lynn Vincent
DIE HEMEL IS WERKLIK
'n Klein seuntjie se verstommende verhaal van sy reis na die hemel en terug
CUM
2011
Dié klein boekie het reeds miljoene mense bereik nadat dit regdeur die wêreld, ook in Suid-Afrika, 'n topverkoper geword…
MeerOpgelaai deur Ekerk op 27 Januarie 2012 om 7:00 — Geen Kommentaar
2012
2011
2010
2009
1999
Opgelaai deur Ekerk
Opgelaai deur Ekerk
Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!
© 2012 Created by Ekerk.
BETAALDE ADVERTENSIES
|
Adverteer in ekerk media Wil jy graag jou advertensie hier sien? Laai gerus ons aansoekvorm af. Jy kan ook kontak maak met |
Enroute... It's not a place — it's a relation! Waar dit nie gaan oor die reëls en reg/verkeerd nie, maar oor "real"-wees... dit nie gaan oor "religion" nie, maar oor "relation"... Navrae: Etienne Schoeman Tel: 083-310-3687 E-pos: oubie@iafrica.com |
Christelike Uitgewersmaatskappy |



