![]() Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer. |
![]() Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander! |
Ek was verstom om twee artikels op Nuus24 te lees waar van die kommentare die kerk so aanval dat ek dit begin betwyfel of daar nog 'n paar duisend ware gelowiges oor is! Eerstens is Moderator van die NG Kerk aangeval oor sy siening oor die Evolusie-teorie, en die joernalis, ene Jean Oosthuizen van Kletskerk het die onderhoud met hom gevoer in die tydskrif "Juig". Meeste kommentare het Dr. Strauss se mening uitmekaar getrek, sommige was pleinweg onbeskof en die nie-gelowiges het behoorlik piekniek gehou in die kommentare wat uself kan lees. Ek kan maar net se, die Moderator se siening is ook my siening. Ek kan nie glo dat mense die Bybel selfs aangeval het nie! Maar nou ja, elkeen is geregtig op 'n mening, hoewel sommige skokkend is!
Tweedens was daar 'n artikel oor die aantal predikante in die NG Kerk en hoe daar oor 'n paar jaar nie meer 'n kerk sal bestaan nie. Die meerderheid predikante is oor 50 jaar en binne 15 jaar sal hulle 65 wees en dan aftree. Die nuwe kweekelinge hou nie in getalle by om te verseker dat die kerk elkeen 'n dominee sal he nie. Die kommentare hieroor was sarkasties, sommige was duidelik gelowiges wat positief staan, maar die meerderheid het my geskok. Is ek maar net naief? Wat is aan die gang onder die Afrikaners?
Ek noem hier net die NG Kerk omdat die artikels pertinent na die NG Kerk verwys, maar alles wat gese is, kan ons ook op ander kerke toepas. Ons aanbid een God. Kan Christene swyg as daar byna Godslasterlike dinge oor God gese word in ons media? Ek is diep teleurgesteld, maar dis die werklikheid.
Mag God hierdie mense se oe oopmaak vir die Waarheid. Ek hoop van die mense het 'n hartsverandering.
Groete in Christus.
Voeg Kommentaar By
Opgelaai deur Ekerk
Opgelaai deur Ekerk
Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!
© 2012 Created by Ekerk.
BETAALDE ADVERTENSIES
|
Adverteer in ekerk media Wil jy graag jou advertensie hier sien? Laai gerus ons aansoekvorm af. Jy kan ook kontak maak met |
Enroute... It's not a place — it's a relation! Waar dit nie gaan oor die reëls en reg/verkeerd nie, maar oor "real"-wees... dit nie gaan oor "religion" nie, maar oor "relation"... Navrae: Etienne Schoeman Tel: 083-310-3687 E-pos: oubie@iafrica.com |
Christelike Uitgewersmaatskappy |




Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!
Join Ekerk