Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!


deur Stephan Joubert

Sê nou jy sou die kans kry om oor te begin, wat sou jy anders doen? Wel, volgens 'n stukkie navorsing wat ek gelees het, wil die meeste mense graag iemand anders wees as hulle sou kon oorbegin. Hoe jammer dat die storie van ons eie lewens, waarvan ons die hoofskrywers is, dikwels in fiasko's ontaard. Weet jy, jy het 'n kans om oor te begin op die Here se terme. Jy het minstens nog die res van die dag voor jou om dit te doen.

Vandag is nog propvol onopgebruikte ure, minute en sekondes. Jy het die keuse of jy dit gaan aangryp en die beste daarvan maak tot eer van die Here, en of jy die res van vandag maar net jou ou self gaan bly. Moenie dit doen nie! Kies om vandag oor te begin in die Here se Naam. Laat Sy lig in iemand anders se lewe skyn. "Hoe?" vra jy. Wel, ek het iewers 'n advertensie van 'n Amerikaanse motorolie vervaardiger raakgelees wat hier van toepassing is. Dit het gelui: "We don't want to change the world. We just want to change your oil!" Jy en ek hoef nie die hele wêreld te verander nie. Ons moet maar net in Jesus se Naam 'n lewende seën wees vir een mens wat ons pad verder deur die loop van vandag kruis. Dis die regte soort oorbegin! Ons kan vandag vir minstens een ander persoon vreugde bring deur 'n SMS, 'n oproep of 'n vinnige besoek. Ons kan vandag een ander persoon se ou lewensolie vervang met nuwe hemelse olie propvol hoop en vreugde. Dan loop ons eie lewensbekertjie net daar self vol. Dan begin ons ook reg oor tot eer van die Heer.


Ek bid

Laat U lig vandag deur my skyn
Laat my vandag smaak gee waar smaakloosheid wen
Laat my hoop gee waar hooploosheid triomfeer
Laat my vandag oorbegin tot eer van Christus

Amen

Views: 7

Tags: goeienuus

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Annelie Venter Kommentaar deur Annelie Venter op 10 Mei 2010 om 5:10
Ek het nou die antwoord gekry. soms voel ek so alleen op die plaas, veral as daar geen boodskappe op my e-pos is nie. My beker sal ook oorloop as ek die eerste boodskap stuur-as ek weg van myself kyk

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 13 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
23 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service