Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!

deur Stephan Joubert

"Ons moet net meer bid. Dan sal dit beter gaan in die land." So sê iemand nou die dag. Almal stem dadelik saam. "Hoe weet julle dit?" vra iemand uit die bloute. Terwyl almal met monde vol gekroonde tande rondsit, antwoord een: "Die Bybel sê so." "Ja," beaam die res dit. "Waar in die Bybel lees julle dat gebed se primêre funksie is om veiliger lewensomstandighede vir almal te verseker?" vra hierdie persoon. Nogeens is daar 'n stilte. "Daar staan iewers 'bid en vir julle sal gegee word,'" antwoord iemand. "Ja, maar beteken dit alles in die land sal skielik beter gaan as ons net groter volumes gebed hemelwaarts stuur?" wil die vraagsteller weet. "Dink julle regtig daar is 'n gebedsmeter iewers in die hemel wat meet hoe lank ons elkeen bid, of hoeveel mense vir 'n bepaalde saak bid en dan kry sulke gebede voorkeur by God bo enkelinge se opregte gebede?" wil die vraagsteller weet.

Hy gaan voort: "Gebed is nie 'n quick fix nie. Gebed gaan eerstens oor God en oor Sy eer. As daar mense is wat wel deur gebed verander moet word, dan is dit eerstens die bidders self." Toe begin almal gelyk praat. Party stem saam, ander nie. Ekself het daar weggestap met nuwe gedagtes oor gebed.

Ek glo gebed is 'n belangrike manier om God se wil te laat gebeur. Maar dalk is my gebede te selfsugtig. Soms bid ek vir 'n beter land net sodat ons almal kan voortgaan met ons gemaklike leefstyle. Gee ons regtig om vir mense wat ly, of wil ons maar net al biddende keer dat ons die volgende slagoffers van slegte dinge is? Daarom my versugting vandag saam met die dissipels in Lukas 11: "Here, leer ons bid!"

Views: 3

Tags: goeienuus

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 11 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 12 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
21 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service