![]() Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer. |
![]() Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander! |
Deur Stephan Joubert
Ek het iewers al ‘n paar woorde gegriffel oor die “sondes” van goeie bedoelings en misverstande. Omdat ek dit om elke hoek en draai raakloop, karring ek vandag en volgende keer nogmaals hieraan. Of wat ookal!
Verstommend dat die nuuste standaard rede vir enigiets of enigiemand se gedrag die volgende woorde is: “Ek het dit goed bedoel,” Maak nie saak of jy iets simpel aanvang, of die verkeerde woorde kwytraak nie. Solank jy dit net goed bedoel, is alles reg. Veral in die kerk is goeie bedoelings die standaard regverdiging vir dwase gedrag.
Mense vertel dikwels in kleur en geur hoedat God sekere Skrifgedeeltes aan hulle gegee het of hoedat hulle bepaalde keuses onder die Gees se leiding gemaak het,. Maar as hulle planne boemerang of flop, dan hoor jy hulle het dit so goed bedoel. So amper asof daar in Romeine 27:50 of 1 Petrus 22:12 staan:” Salig is diegene wat dit goed bedoel, want hulle bedoel dit dan so goed!” Of so iets!
Kom ons neem gou 'n Bybelse voorbeeld, die van die hoëpriester wat Jesus in Matteus 27 ter dood veroordeel nadat Hy bevestig Hy is die Messias. Het die hoëpriester dalk vroeg daardie oggend toe hy wakker geword het besluit hy lus was om iemand kort voor die sabbat te laat vermoor? Het hy met slegte bedoelings uit die bed geklim? Nee, inteendeel. Hy het dit absoluut goed bedoel toe hy Jesus se doodsvonnis daardie oomblikkeuitgeroep het. Die hoëpriester het trouens gemeen hy red sy volk van ‘n godslasteraar. Maak dit hom onskuldig? Gladnie! Nou hoekom geld daardie "goeie bedoelings = onskuldig" beginsel dan onder vele kerkmense?
Nêrens is goeie bedoelings ‘n regverdiging vir ons onkunde, slegte keuses of wat ook al nie. Nêrens kan dit ons vrywaar van ons eie verantwoordelikhede voor God en mekaar, of durf dit ons verkeerde besluite regverdig nie. Daar bestaan nêrens ‘n wettige etiek van goeie bedoelings, of ‘n klomp Bybelverse wat ons vinnig kan nadertrek ter ondersteuning van ons “goeie-bedoelings" nie. Inteendeel.
Hou dadelik op om dinge goed te bedoel. Doen dit van die aanvang af reg. Doen alles tot eer van die Here en tot voordeel van ander.
Opgelaai deur Ekerk
Opgelaai deur Ekerk
Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!
© 2012 Created by Ekerk.
BETAALDE ADVERTENSIES
|
Adverteer in ekerk media Wil jy graag jou advertensie hier sien? Laai gerus ons aansoekvorm af. Jy kan ook kontak maak met |
Enroute... It's not a place — it's a relation! Waar dit nie gaan oor die reëls en reg/verkeerd nie, maar oor "real"-wees... dit nie gaan oor "religion" nie, maar oor "relation"... Navrae: Etienne Schoeman Tel: 083-310-3687 E-pos: oubie@iafrica.com |
Christelike Uitgewersmaatskappy |




Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!
Join Ekerk