Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!

En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U my gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is ( Joh. 17 : 22 ).

Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is ( 2 Kor. 3 : 18 ).

Verheerlik U My nou ook by U , Vader, met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld bestaan het ( Joh. 17 : 5 ).

Dit is nie so maklik om ‘n prentjie te vorm van heerlikheid of wat ons daarmee bedoel as ons van die heerlikheid van God praat nie. Die Bybel teken heerlikheid dikwels as ‘n skerp lig; ‘n goue, warm glans. Die Hebreeus gebruik die word KABOD wat in Grieks DOXA beteken. Dit kan vertaal word met “oorvloed”, “rykdom”, en “eer”.

Heb. 2 : 7 sê van die mens : “- - - met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van U hande aagestel”.

“Die hemele vertel die eer van God en die uitspansel verkondig die werk van sy hande” ( Ps. 19 : 2 ).

Sy heerlikheid is so groot dat die priesters nie voor Hom kon diens doen nie. ‘n Mens kon Hom nie sien en bly lewe nie, het die Ou Testamentiese gelowiges geglo. Sy heerlikheid, lees ons in Openbaring 21, is ‘n saamwees met God waarin niks skeiding maak nie. Heerlikheid beteken lewenswater wat vloei sonder ophou, lig wat skyn sonder skadus. Kinders van God droom van heerlikheid, nie net vir hulle self nie, maar vir die wêreld.

“Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op” ( Jes. 60 : 1 ).

Heerlikheid word as volg beskryf in die Westminister Confession se openingswoorde, ”What is the chief end of man ? Man’s chief end is to glorify God and to enjoy Him forever”.

Om God vir altyd te verheerlik en te geniet. Om te weet dat God mooi en goed is, om Sy werke toe te juig, om Sy gawes met genot te gebruik. Om lief te hê, om sonder enige skaduwee of beperking lief te hê omdat God ons eerste liefgehad het. Dit is heerlikheid, dit is waarop ons hoop.

Heerlikheid gaan egter nie net oor die goue strate en die lekker lewe “eendag” nie. Heerlikheid lê in die vervulling van ons liefde vir God. Ons hoop op heerlikheid is ons hunkering om by God te wees.

Ps. 42 : 2,3 druk hierdie hunkering na God so uit :

“Soos ‘n bokkie in die woestyn wat dors is vir water, so het ek ‘n vurige verlange om by U te wees, God ! Net soos ‘n bokkie sonder water doodgaan, gaan ek dood as ek nie by U is nie. Ek wil heeltyd net by U wees. God, U gee lewe”.

Ons hoop op heerlikheid bepaal egter ook die koers wat ons lewens hier en nou inslaan. Die wêreld waarin ons leef, getuig van alles behalwe hierdie heerlikheid. Om in hierdie wêreld te glo dat God omgee, is nie altyd maklik nie. Om dit te glo in die lig van jou eie mislukkings, kan nog moeiliker wees. Om dan nog die krag oor te hê om vir ander mense om te gee, is nog swaarder. Hoe bid ‘n mens vir die mense wat jou te na kom ? Hoe steek jy jou hande uit na die mense wat jou met klippe gooi.?

Die antwoord is eenvoudig : Jy doen dit omdat die hoop op die heerlikheid jou inspireer Jy het God lief omdat jy glo Hy is iewers heen op pad met jou. Jy leef met jouself saam omdat jy weet God het nog nie daardie pad met jou klaar geloop nie. Jy hou uit met mense, omdat jy weet hoe God met jou uithou. Jy weet God se uithou bring jou verder op jou pad, en jy hoop jou uithou sal ander mense ook laat uithou en aanhou op hulle pad.

Jy seën die wat jou vervloek, omdat jy hoop dat die heerlikheid só ook vir hulle ‘n aanloklike lewensdoel sal word.

Hoop is geloof wat vorentoe kyk, en liefde is hoop in aksie. Hoop wat in beweging kom ! En hoop skryf Paulus, het net een vashou plek, en dit is : Christus in julle

In Kol. 1 : 27 sê hy :

“Christus is in julle. Hy is julle hoop op die heerlikheid”

“Nou sien ons nog nie”, sê die Hebreërskrywer, “maar ons sien Jesus” (Heb. 2 : 9)

Ons sien Jesus wat die heerlikheid van God kom openbaar het. Nou kan ons na Sy heerlikheid kyk want “die woord het vlees geword en het onder ons gewoon - - - en ons het Sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die eersgeborene wat van die Vader kom - - - vol van genade en waarheid” ( Joh. 1 : 14 ).

Leef in hierdie hoop, want Christus is ons hoop op die heerlikheid.

Views: 36

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Bessie louw Kommentaar deur Bessie louw op 31 Julie 2010 om 16:38
Dankie vir hierdie artikel. "leef in hierdie hoop want Christus is ons hoop op die heerlikheid". Wat 'n wonderlike heerlikheid sal dit nie wees om by God te wees en sy heerlikheid te beleef nie.! Ek dink nie ons menslike verstand kan die soort heelikheid wat op ons as verlostes wag nie eers naastenby begryp nie!
Lettie Jacobs Kommentaar deur Lettie Jacobs op 29 Julie 2010 om 19:53
Dankie Fanie vir hierdie boodskap van hoop in 'n tyd waar alles soms so hopeloos lyk. Ek wil in hierdie hoop leef,
"want Christus is ons hoop op die heerlikheid." Groete in Christus.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 14 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
23 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service