Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
deur Stephan Joubert

Jy is wat jy kyk! TV programme is nie maar net aldag goeie tyd-verdryf nie. Dit vorm jou denke. Dit skaaf aan jou menswees. G'n wonder nie dat TV verslawing deur verskeie sosiale kundiges uitgewys word as een van die grootste probleme wat mense se geestesgesondheid en aanpasbaarheid strem. Dit verander te veel mense in rusbank-aartappels ("couch potatoes") wat hulle stukkie vir stukkie beroof van hul kreatiewe denke en aktiewe betrokkenheid in die lewe.

Kies jou TV progrmame baie versigtig. Kyk dit met oorleg. Nee, jy hoef nie nou skielik teen alles en almal op daardie kassie te wees nie. Dit help ook nie om die baba met die badwater en al uit te gooi nie. Daar is steeds kosbare goud te vind in flieks, verhale en ander TV programme. Laat jou geloof in Christus die filter wees waardeur jy ook TV kyk. Laat jou kernwaardes van respek, omgee en integriteit nuwe lesse haal uit elke storie wat jy wel kyk. Deel dit met ander. Gebruik die lesse wat jy geleer het as aanknopingspunte om mense te leer om anders te kyk, anders te dink, anders te leef. Laat die TV vir jou werk, nie andersom nie.

Views: 18

Tags: kernkrag

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 14 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
23 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service