Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
Ekerk

Eensydige verandering van diensvoorwaardes

deur Luther Backer

Ek het die volgende brief ontvang oor eensydige verandering van diensvoorwaardes:

“Ek werk as ingenieur in die buiteland vir ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy. Weens die aard van my werk
is ek baie naweke op pad na Suid-Afrika of van Suid-Afrika af. Deel van my diensvoorwaardes waarop ek
hier aangestel is is dat ek 1.5 of 2 dae spesiale verlof ontvang vir werk oor naweke .

Nou het ons werkgewer eensydig besluit dat hierdie spesiale verlof wegval tensy die spesifieke
besigheidsrit waarop die werknemer was bevredigend winsgewend was. Sy mening is dat hierdie
spesiale verlof ‘n voorreg is en nie ‘n reg nie en dat die firma dit nie meer kan bekostig nieasook dat
werknemers dit misbruik. Wat is u mening oor hierdie optrede?

Antwoord:

1. Om 1.5 of 2 dae spesiale verlof toe te ken as kompensasie vir werk op Saterdae,Sondae of op
openbare vakansiedae is ‘n voordeel wat deur die werkgewer aan julle werknemers beskikbaar
gemaak is. Dit vorm deel van julle diensvoorwaardes wat kontrakueel ooreengekom is.
As dit weggeneem of afgeskaal word, dan word julle gewis in die proses benadeel.

‘n Werkgewer mag diensvoorwaardes wel wysig mits hy behoorlik met die werknemers daaroor
oorleg gepleeg het. Hy moet natuurlik kan motiveer waarom die verandering nodig is soos bv.
wat was die firma se ervaring in die verband soos bv hoeveel dae spesiale verlof die afgelope
jaar toegeken is en wat dit die firma gekos het ; ook watter misbruike voorgekom het. Hy moet
kan bewys dat die firma dit nie meer kan bekostig nie.

2. Om spesiale verlof voorwaardelik te maak mits die rit winsgewend is, is nie verstandig nie,
want daar is legio faktore wat ‘n besigheidsrit se winsgewendheid kan beïnvloed. Die vraag is
ook wat kan beskou word as “wins” en hoe groot moet die wins wees om vir spesiale verlof te
kwalifiseer?

3. ‘n Diensvoordeel wat kontraktueel ooreengekom is, is ‘n diensvoorwaarde en kan nie bloot as ‘n
voorreg beskou word nie. Dit is ‘n reg wat nie sommer net weer weggeneem kan word nie want
die spesiale verlof was tot dusver onvoorwaardelik.

4. Hierdie optrede van julle werkgewer kan beskou word as ‘n onbillike arbeidspraktyk ten opsigte
van voorsiening van voordele aan werknemers.

5. Julle werknemers wat almal benadeel word in hierdie proses, moet gesamentlik ooreenkom
oor ‘n gesprek met die werkgewer oor ‘n moontlike oplossing vir die probleem Bid eers saam
oor die aangeleentheid. Vra wysheid van God vir ‘n oplossing en bid ok vir julle werkgewer. Dalk
is dit ‘n goeie geleentheid om gereeld as ‘n kleingroep/omgeegroep voor werk of tydens
etenstye bymekaar te kom. Wys dat julle sy siening verstaan en maak voorstelle hoe die
probleem opgelos kan word.

Sou hy voortgaan met sy eensydige wysiging kan julle die geskil verwys na die KVBA(CCMA).

Views: 8

Tags: arbeidsake

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 11 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 12 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
21 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service