Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
Ekerk

Geseënd is die vredemakers, want huhlle sal kinders van God genoem word.Mat.5:9

Deur Luther Backer


Vrede is nie alleen die toestand waar geen stryd tussen volkere bestaan nie, dit kenmerk ook ‘n lewe waar mense onderling in liefde en eengsgesindheid saamwoon of saamwerk, sowel as innerlike
vrede wat bereik word as jy vrede met God en met jouself gemaak het.



Die profete het die koms van die Messiaskoning verkondig – die een wat blywende vrede gaan bring. Smit (p. 102) beklemtoon dat die vrede wat Christus gee heel eerste vrede is met God. Ons kan
vrede met God hê omdat Jesus se kruisdood die muur van skeiding tussen ons en
God oorbrug het en ons met God kan versoen. Vrede beteken ook versoening met
mekaar.



Om vrede te maak is dit dikwels nodig om eers sonde wat aan die lig gekom het met die swaard van die evangelie uit te roei. Onvrede is nie slegs ‘n muur tussen ons en God nie, maar meestal ook
tussen ons en iemand anders. Volkome vrede met God kan slegs ervaar word wanneer jy in vrede met ander
gelowiges lewe. Jesus het gesê:”As jy jou gawe na die altaar toe bring en dit
jou byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe en gaan maak
eers vrede met jou broer(Mat.5:23-24)”. Vrede beteken ‘n lewe in ooreenstemming
met God se wil. “Wie reg doen, sal vrede hê, wie volhard in regdoen, sal vir
altyd rus en sekerheid geniet”(Jes. 32:17).



Om vrede te maak tussen jou en iemand anders vra gewoonlik dat jy jou trots sal prys gee ter wille van die herstelde verhouding. Bied aan om verskoning te maak indien jy iemand beledig het of om
iemand te vergoed indien jy die persoon benadeel het. Vrede kom nie sonder ‘n
prys nie – daaraan herinner Jesus se kruisdood ons.



Sedert die vroegste jare groet Jode mekaar met “Shalom” wat vrede beteken – vrede in die sin van om heel te wees, om vervuld te wees. Om iemand vrede toe
te wens, is dit my begeerte dat die persoon gelukkig in al sy verhoudings sal
wees – met God, met sy medemens, sy medewerknemers en met sy omgewing.



Johan Smit(p.108) gee ‘n treffende beskrywing van hoe jy kind van God kan wees deur opreg vredemaker te wees. “Mense wat vrede maak op die vreemde manier, die selfverloënende en opofferende
manier, sal in die wêreld as kinders van God uitgeken word. Want dit is die een
ding wat jy nooit mag vergeet nie: Om kind van God te wees is om anders te
wees, om wêreldvreemd te wees. Dit het Jesus by herhaling in die Bergrede
beklemtoon: Dit is die kind van God wat ten koste van homself gaan vrede soek,
wat die ander wang draai, die tweede myl saamloop, die onderkleed saam met die
bokleed weggee. Want kinders van God soek nie na vrede ter wille van eie gewin
en persoonlike voordeel nie.”



In die werksituasie is hierdie mense bekend – die wat die vermoë het om konflik te hanteer. Dikwels hoor jy:”Kom ons gaan praat die ding uit by Joha”- wetende dat Johan altyd tyd het vir mense en
hulle probleme. Hy boesem vertroue in deur die manier waarop hy die werklike
probleem wat die konflik veroorsaak identifiseer, elkeen sy/haar kans gee om
hul kant van die saak te stel en dan ‘n oplossing aan te beveel waarmee beide
partye kan saamleef. Dikwels huiwer hy nie om aan te beveel dat die twee mekaar
die hand moet gee nie– mekaar moet vergewe – omdat Jesus dit onvoorwaardelik
gedoen het.


(Bron: Johan Smit:Jesus aan die Woord.CUM 2009).

Views: 14

Tags: arbeidsake

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 11 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 12 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
21 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service