Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
Deur Luther Backer

In Matteus 5:43-45 sê Jesus: Julle het gehoor dat daar gesê is:”Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.” Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir die wat julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel.”

Almal van ons het vyande – verkragters, rowers, mense wat jou skade berokken, kollegas wat jou in die rug steek, die “vriend” wat met jou vrou weggeloop het. Dit is natuurlik dat ‘n mens ‘n wrewel teen sulkes sal koester, maar Jesus verwag dat Sy dissipels, ja al Sy volgelinge,geen plek vir haat in hulle lewe sal toelaat nie, en inderdaad hul vyande sal liefhê.

As ek aan die woord “liefde” dink,ervaar ek gevoelens van deernis en toegeneentheid en blydskap, om naby iemand te wees. Dit kenmerk situasies waarin ek graag wil wees, waarin ek bevoordeel word, maar die Bybelse liefde- die agapè-liefde is anders. Agapè-liefde gaan hoofsaaklik oor ‘n onvoorwaardelike en onselfsugtige oorgawe aan die persoon vir wie ek lief is. Hierdie liefde vra egter geen voorwaarde of teenprestasie nie- dit is onvoorwaardelik en verskil radikaal van die liefde wat my en my belange as middelpunt het.Hierdie liefde is geskoei op Jesus se onselfsugtige liefde vir ons. Sy lewe en sterwe illustreer wat agape-liefde beteken.

Dit is egter onmoontlik vir enige mens om in eie vermoë hierdie reël uit die bergrede na te kom. Jy kan nie sò liefhê nie, maar God kan, in en deur jou, deur die werking van die Heilige Gees.

Maar moet jy in die alledagse lewe jou maar laat besteel, bedrieg of verneder en op jou laat trap sonder enige weerstand van jou kant af? Nee, want sulke optrede sou nie in liefde wees nie, want dit is nie in belang van die vyand nie en liefde is altyd in belang of terwille van ander.(Smit p.207) noem dit ‘n gewillige, berekende selfverloëning terwille van die persoon van die vyand. Dit beteken dat jy sal uitreik na die persoon agter die wetteloosheid.

In die Bybel word daar van verskillende soorte liefde gepraat maar die enigste verskil daartussen is die teiken. Ek voel anders teenoor my broer as teenoor my vyand – daar is dus ‘n verskil in gevoelswaarde. Maar by die Bybelse liefde is gevoel nie die deurslaggewende faktor nie en net God se bedoeling dui die koers aan. God se bedoeling is dat ek sal liefhê ten spyte van mense se houding teenoor my. Ek kan egter nie ‘n keuse maak wie ek wil liefhê nie. God sal die besluit maak waar en teenoor wie se liefde deur my tot stand sal kom.

Die geheim van ‘n Christuslewe is dat jy nie meer sal toelaat dat ander mense jou gedrag bepaal nie, dat jy nie langer sensitief is vir wat ander mense sê en doen nie en dat jy nie gedurig meer op die verdediging sal wees en jouself wil laat geld nie. Eers wanneer ons instrumente van God se liefde geword het kan ons dit regkry om ons vyande life te hê en diegene wat ons vloek te seën.

Bruce Winston(p.115) beskryf ‘n tyd in sy drukkersfirma toe hulle ‘n brand in die gebou gehad het. Die brand het die 6:00-nuus gehaal. Om 6:30 het hy ‘n telefoonoproep ontvang van een van sy belangrikste kompeteerders wat die nuusberig gehoor het en wat tot sy verbasing gebel het om uit te vind of hulle nie kan help nie. Hulle het ‘n drukpers aangebied terwyl die beskadigde een herstel word. Die kompeteerder se optrede het getuig van liefde en omgee. Van daardie dag af was Bruce se houding teenoor die kompeteerder gekenmerk deur ondersteuning en omgee. Die twee firmas het later gesamentlike ondernemings gehad wat beide firmas en die gemeenskaplike klante bevoordeel het. Hierdie gedeelde belange sou nooit moontlik gewees het as hulle mekaar gehaat het nie.

Jesus doen ‘n beroep op Christen sakeleiers om kompeteerders met ‘n gevoel van welwillendheid te benader en om maniere vir samewerking te soek eerder as destruktiewe wyse van kompetisie.

Bronne:
1.Smit,Johan: Jesus aan die Woord. CUM 2009, pp. 201-213.
2.Winston,Bruce:BE A LEADER FOR GOD’S SAKE. Regent university, 2002, pp 115 -116.

Views: 20

Tags: arbeid

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Bessie louw Kommentaar deur Bessie louw op 31 Julie 2010 om 16:11
dit staan vir my uit dat "n mens nie meer sal toelaat dat ander mense jou gedrag bepaal nie" Slegs Christus moet.Dankie vir die artikel. Bessie Louw
Lettie Jacobs Kommentaar deur Lettie Jacobs op 27 Julie 2010 om 11:51
Slaan die koerante oop, kyk tv-nuus, lees Nuus24, en mens verstaan waarom wat Luther hierbo vra so moeilik is! Moeilik, maar nie onmoontlik nie. Uit onsself is dit nie moontlik om sommige mense lief te he nie, net die Heilige Gees in ons kan ons daartoe in staat stel. Mag dit ons voortdurende voorneme wees om ons naaste lief te he as Jesus se instrumente! Hierdie artikel stel dit pragtig HOE om dit te doen. Groete in Christus.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 14 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
23 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service