Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!

24 Junie 2010. Die datum wat ek my lewe ten volle aan die Here oorgegee het. Ek voel soos 'n nuwe mens maar my familie ken nie die nuwe mens nie. Pa wil dan nou elke aand bybel lees en bid en vir ons vertel hoe groot en goed God is. My vrou bekyk die kat uit die boom op 'n baie versigtige afstand want sy vertrou nie die nuwe vrede in die huis nie. My venoot beskuldig my dat ek nou met die bybel onder die arm wil loop en dat hy nou spyt is dat ek nie meer die ou Piet is nie maar dat ek nou dink dat ek God is.

Terwyl al die goed om my gebeur besef ek dat om so radikale verandering te maak iets totaal vreemds is vir die wêreld. Ek koop stephan Joubert se boek, "Jesus die radikale sprong" en lees dit wanneer ek kan en wanneer ek kop gereed is daarvoor (great boek). Terwyl ek elke moontlike geleentheid soek om met God en sy woord besig te wees en nog my eie lewe te balanseer probeer ek die "ding" wat met my gebeur het verklaar. Ek soek oral na 'n antwoord maar kom elke keer in 'n cul de sac. So kom ek by bladsy 70 van Stephan se boek en daar is die antwoord baie duidelik.

Uiteindelik kan ek verwoord wat met my gebeur het. METANOIA - OMDRAAI. Ek haal aan, 'n nuwe manier van dink oor alles. Om eintlik van verstand te verander. Ek woon 'n diens by en die prediker sê dat ons hergeprogrameer moet word. Daarmee lei ek af dat as jy nie 'n metanoia ervaar nie, jy dalk nooit regtig sal verstaan wat dit beteken om wedergebore te wees nie. Ek het nou net kleuterskool toe gegaan in die geestelike wêreld maar groei elke dag.

Hoe kan ek 'n verskil maak. Die Here gee nou elke dag vir my daardie geleentheid. Vroëer het Hy ook maar ek het GEKIES om dit nie te gebruik nie. Nou kan ek met mense praat oor God se liefde vir ons, Sy beloftes aan ons en Sy genade aan ons. Nou stuur God 'n hawelose man op my pad sodat ek hom moet help. Hoeveel keer het ek in die verlede die kans gehad om dit te doen maar verkies om dit liewer van die hand te wys want dit is mos sy eie skuld dat hy op straat sit en al sy geld uitgesuip het en nie werk het nie. God stuur 'n oom, wat my pa kon gewees het, met 'n drank probleem op my pad en ek raak so hartseer saam met die oom dat ek skaars kan praat. Die Heilige gees is so duidelik teenwoordig dat ek totaal oorgegee is daaraan. God stuur 'n swartman op my pad sodat ek ook die las van rassisme van my kan afgooi. Hoe kan ek 'n verskil maak. Deur net liefde en opregtheid aan ander te openbaar. Ek het ook gedink dit is soetsappige praatjies van mense wat hulself hoër ag as die gewone geloofs arme mense, maar nou besef ek, vandat ek die Bybel lees met begrip dat dit eintlik baie maklik is. Dien die Here soos Hy van jou verwag. Die mooi bybel storie van die baramhartige samaritaan kom nou elke keer by my op as God een van die geleenthede oor my pad stuur. Dit bly jou keuse. Gaan jy die PRIESTER wees wat 'n wye draai om jou eie mense loop sodat jy asseblief net nie betrokke gemaak moet word of moeite moet doen of die geld wat eintlik vir jou aardse plesier bedoel is moet afstand doen van nie of gaan jy soos die SAMARITAAN stop, moeite doen en nog betaal dat die man versorg moet word en onderneem om enige verdere kostes te dek indien enige. Gaan jy jou seep en bed en kos vir die mens wat op straat geslaap het afstaan. Ons doen dit moeilik maar noem ons self maklik Christine. Het ons dan nie verstaan wat die twee hoof gebooie sê nie. JY moet GOD lief hê met jou hele hart siel en verstand en wat hiermee gelyk staan. (nie minderwaardig ten opsigte van die eertse een nie) jou naaste soos jou self. As jy dit glo kan jy elke dag 'n verskil maak.

Views: 14

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Rudolph van Wyk Kommentaar deur Rudolph van Wyk op 30 Julie 2010 om 10:31
Dit is GREAT, Boeta!
Lettie Jacobs Kommentaar deur Lettie Jacobs op 29 Julie 2010 om 20:00
Pieter, jy maak al klaar 'n verskil! Soos David is ek so bly dat jy die ware lewe ontdek het, gaan voort op hierdie ontdekkingsreis en vind die wonderlike avonture wat voorle! Ons dank die Heer dat jy METANOIA ontdek het!
Jou keuse was reg! Groete in Christus.
David Malherbe Kommentaar deur David Malherbe op 29 Julie 2010 om 17:30
Ek is saam met jou dankbaar dat jy hierdie nuwe / ware lewe ontdek het. Dit is voorwaar 'n wonderwerk wat net die Here kan doen om 'n mens se lewe so om te draai.
Fanie van Emmenes Kommentaar deur Fanie van Emmenes op 29 Julie 2010 om 15:05
Pieter wil by E-Kerk en by ander nuut gemaakte mense van God. Ai, dit is darem lekker daardie eerste roes van nuwe liefde vir God. Paulus is nog steeds reg as hy in 2 Kor. 5 : 17 se : Daarom as iemand in Christus is, is hy hy 'n nuwe skepsel. Die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles het nuut geword.
Prys die Here wat nog steeds mense red !

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 13 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
23 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service