Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
Deur Elmarie van der Westhuizen

Daar word dikwels verwys na die tyd waarbinne ons leef as die ‘inligting gelaaide’ era. Mens hoef ook nie vêr te gaan om dit inderdaad reg te bewys nie. Wat eers ‘n ingewikkelde vraag was, kan nou opgelos word deur Google. Of hoe die Iphone, Blackberry, HTC – die ‘all in one’ pakket geword het. Die wêreld in jou sak!

Tog wanneer dit by sake kom wat ons lewe skud - wanneer my man in ‘n motorongeluk oorlede is; my tiener-seun wat probeer selfmoord pleeg; ek wat gediagnoseer word met terminale kanker - dan word hierdie instrument ‘n nuttelose objek. Dan kan Google of die wonderlike tegnologie geen antwoorde gee nie. Ons voel oorweldigend alleen, geskud deur ons menslikheid!

Dit is in hierdie omstandighede wanneer ons die vraag vra: Waar is God? Hoekom is God so vêr? Om sin te maak in en uit ons omstandighede meet ons God se nabyheid en liefde met ‘n liniaal. God is naby en liewer vir my as dit met my goed gaan, maar gooi my weg en vergeet van my as dit sleg gaan. Ons probeer God vasvang in hoe ons as mense sou optree en wanneer dit nie gaan soos ons dit wil hê nie, blameer ons God omdat Hy nie optree soos Hy ‘moet’ nie.

Daar is baie voorbeelde in die Bybel waar ons sien hoe God anders optree as wat verwag is; ons kan dink aan Job en Paulus om maar twee voorbeelde te noem. Ons kry egter in Handelinge 2 ‘n antwoord op die vraag van waar God in my lewe is. In Handelinge 2 lees ons van die Heilige Gees wat uitgestort word in ons as gelowiges. Hoe ons die vrugte van die Gees as geskenk ontvang (Gal 5:22-23). Hoe God met ons elkeen persoonlik omgaan, wagtende dat ons ook ‘n verhouding met Hom wil aangaan! Want dis alleenlik wanneer ons die Heilige Gees in ons lewe raaksien en in verhouding met God staan, wat ons met oorgawe kan JA sê vir God en ons lewe in Sy hande oorgee. Dit is dán, wanneer ons met sekerheid sal weet dat God met ons is. Dat wanneer ons bootjie skud met onbeplande situasies; ek nie hoef te vra waar God is nie, maar sal weet - God is naby en reeds saam in my bootjie!

Maryka Potgieter

Views: 3

Tags: omgee

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Lettie Jacobs Kommentaar deur Lettie Jacobs op 20 Julie 2010 om 11:42
Dit is so waar wat hier gese word! Maar die wete dat God altyd in en met jou is, bly 'n groot troos. God het nooit belowe dat dit net altyd sal goed gaan net omdat jy bekeerd is nie, maar Hy sal ALTYD daar wees, selfs deur die stormagtige waters is Hy aan jou sy! Ons dien 'n groot en almagtige God! Prys Hom! Groete in Christus.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 13 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
23 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service