Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
deur Stephan Joubert

In Prince Caspian, die tweede boek in die gewilde Narnia reeks van die groot Christenskrywer, C. S. Lewis, is daar iewers 'n ontmoeting tussen Aslan die leeu (wat Christus verteenwoordig) en een van die dogtertjies. As sy hom na 'n lang tyd raakloop, sê sy vir hom dat hy groter geword het. Hierop antwoord Aslan: "That is because you are older, little one." "Maar is jy dan nie groter nie?" vra die dogtertjie hom. Dan antwoord hy haar: "I am not. But every year you grow, you will find me bigger."

Dit is presies wat gebeur op die Here se pad. Hy word al hoe groter in ons oë namate ons groei in ons geloof. Natuurlik is Hy die Almagtige, wat bo-oor tyd en ewigheid uittroon. Hy IS groot. Hy IS die Here, of mense dit begryp of nie. God is nie afhanklik van ons goedkeuring, kennis of aanvaarding nie. Nogtans, hoe meer ons leer om nader aan Christus te loop, hoe meer sien ons die Here se heerlikheid raak. Dan word ons probleme en kommernisse kleiner. Ken jy ook iets van hierdie omgekeerde groeipad? Hoe groter die Here in jou lewe is, hoe kleiner raak al jou sorge.

Views: 0

Tags: kernkrag

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Bessie Louw Kommentaar deur Bessie Louw op 22 Augustus 2010 om 21:54
"Hoe groter die Here in jou lewe is, hoe kleiner is jou sorge". hieroor gaan ek baie besin want dis 'n wonderlike waarheid.En die gedagte wil ek verder op my reispad vorentoe saamneem!
Susan Kommentaar deur Susan op 23 Julie 2010 om 4:00
Dit is treffend!
Gebed: Heer weef in ons geestelike hart maak 'n volmaakte patroon kunstig sorgvuldig en doeltreffend- sodat ons U klein ligstraaltjies hier op aarde kan wees- wat ander help bemoedig en kan versterk.
Amen

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 13 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
22 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service