Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
Ekerk

Is ekerk deel van die “Emerging church?” … en ander mites

deur Stephan Joubert

 

Dit het ‘n nuwe kerklike mode geword om enigeen van wie jy verskil te klassifiseer as deel van die “emerging church.” Om een of ander rede is hierdie etiket bedoel as ‘n teologiese skeldwoord. As jy deesdae enigiemand vanaf Rob Bell, Brian McLaren, Ron Martoia, tot by Doug Pagitt of Tony Jones se boeke op jou rak het of dalk iemand ken wat hulle ken, is jy outomaties melaats. Hierdie is die nuwe sonde van “guilty by association.” (Terloops, dan moet diegene wat so dink summier ophou om Paulus te lees wat ‘n keer of wat nie-gelowige Griekse digters aanhaal, of die Judasbrief, wat aanhaal uit geskrifte soos die Testament van Moses en 1 Henog, wat nie deel van die kanon is nie.)

 

In boeke, webblaaie en artikels word kerklikes deesdae met etikette van “emerging church” beplak en voorgehou as verdraaiers van die Waarheid, of as skeppers van ‘n nuwe, afgewaterde evangelie. Ook in Suid Afrika is dit die geval. Helaas het hierdie verdagmakery ontaard in moddergooiery en sub-standaard karakteraanvalle wat deurspek is van foutiewelike aanhalings en ongegronde uitsprake oor mense wat nie behoorlik gelees of uitgehoor is nie. (Ek bloos namens die klipgooiers!)

 

In die lig van bogenoemde reaksies kan daar eintlik geen goeie debat wees oor die sg. “emerging church” nie (lees egter die volgende artikel wat ‘n goeie oorsig bied oor die beweging: http://www.pomofaith.com/the-emerging-church/). Maar vir die rekord- dit is interessant dat bekendes wat hierdie term aanvanklik gebruik het, soos Erwin McManus en Dan Kimball, glad nie meer aan sg. emerging gesprekke deelneem nie. Op sy beurt het Leonard Sweet, wat die term “emergent” geskep het, in die Amerikaanse tydskrif RELEVANT (21; Julie/Aug 2006) homself hiervan gedistansieër in ‘n debat met McLaren en Jones. Sy ondubbelsinnige woorde was: “Count me out!” So voel ek ook. Trouens, ek wil saam met Leonard Sweet (Answering my Critics- A Response”) oor die “emerging church” die volgende beaam:

 

“1. It is prone to cause political ruckus when it should be rocking the world for Christ;

2. It is missing a hunger and longing for the salvation of others, a passion for others to fall in love with Jesus and the sense that there are things at stake here that have both earthly and eternal consequences . . .

3. It appears more and more to be a new evangelical form of the old 70s liberation theology

4. It makes the mistake of separating the Person of Jesus from His teachings

5. It deconstructs everything, including the historic creeds of the church and the divine inspiration of the entire biblical canon

6. It revels in spreading doubt more than faith.”

 

NOU- VIR DAARDIE HOOFLETTER-VRAE:

 

IS EKERK ‘N “EMERGENTE KERK,” soos een geleerde vir my gesê het? Genugtig, nee!

IS EKERK UITVERKOOP AAN CHRISTUS? Ja, Hy is die Een, die enigste Een! Hy IS en bly die regte roete Godwaarts!

IS DIE EKERK SE VOETE OP DIE ROETE VAN DIE BYBEL? Flou vraag! Loshande, en met alles in ons.

IS ONS TEEN DIE TRADISIONELE KERK? Wat? Gedoriewaar, nee! Ons is deel van die liggaam van Christus op aarde! Ons verabsoluteer net nie kerklike omhulsels ten koste van verhoudings nie!

IS ONS TEEN DOGMA EN LEERSTELLINGS? Op dees aarde nie! Jesus is ons belydenis en belewenis. Ons bely ons geloof agter die 12 Artikels aan en beleef dit daagliks in ons harte en gedagtes, al die pad tot by ons vingerpunte en voetsole. Teologie is egter nie net klaskamersake nie. So ook is kerk nie net vir Sondae alleen bedoel nie. Ekerk is daarom die wêreld vol- hier, daar en doer. Bokse en etikette- asseblief tog net nie. Ons leef, werk, speel en leef tussen lyne en spasies vir Jesus! Dis daar en doer waar ons wil wees!

Views: 239

Tags: stephanseblog, watookal/whatever

Kommentaar is gesluit vir hierdie blog artikel

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Het jy geweet?

Ekerk het ook 'n Engelse webblad... Echurch.co.za.

Vertel gerus vir Engelssprekende vriende en familie!

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Erica Kretschmer, Petro Potas, lara jacobs en 3 ander is deel van Ekerk 12 minute gelede
Profile Icon
Blog posts by Ekerk 4 ure gelede
Profile Icon
Jean van der Westhuizen commented on Ekerk's blog post 'Kom verniet uit die tronk (“Get out of jail free”) Kom verniet uit die tronk (“Get out of jail free”)'
Jesus het die tronkdeure kom oopsluit en die deure oopgemaak, maar daar is soveel mense wat…
14 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Francie Lubbe, VONNE CONRADIE, Ena Coetzee en 8 ander is deel van Ekerk gister

Carry His Name Vroue Konferensie

Christelike Uitgewersmaatskappy

CUM Books

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service