Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
Ekerk

Is jy genadig en barmhartig teenoor jou werknemers?

deur Luther Backer

Is mense bang vir jou? Leef hulle in vrees en bewing dat hulle dalk ‘n fout sal maak en jy hulle dan oor die kole sal haal? Kom jou werkers en vra om verskoning, of weet hulle dat as jy sou uitvind dat hulle ‘n fout gemaak het, jy soos ‘n vrag bakstene op hulle koppe sal neerkom! Nou steek hulle dit so goed as moontlik weg met die hoop dat jy niks sal agterkom nie. Of het jy ‘n hart vir mense wat hulle oortredings vergewe, hulle verskoningsaanvaar en hulle nog ‘n kans gee?

Jou huiswerker het ‘n hemp met die strykyster verbrand; een van jou plaaswerkers het nie olie in die trekker se enjin gegooi nie en groot skade aan die enjin veroorsaak; jou boekhouer het ‘n foutiewe inskrywing in die boeke gemaak, jou messelaar het te min sement by die pleistermengsel gegooi en gevolglik het die pleister baie gebars. Foute! Foute! Foute! Geen dag gaan verby in enige onderneming of huishouding  nie sonder dat daar foute van minder of meer ernstige aard gemaak word. Maar die vraag ontstaan nou- hoe hanteer jy as eienaar, bestuurder of toesighouer die werknemers se foute en mislukkings?

Wanneer ‘n persoon ‘n fout gemaak het, is dit nie noodwendig dié persoon se skuld nie. Dalk het die persoon nie verstaan wat hy moes doen nie – dalk het jy jouself nie duidelik uitgedruk oor presies wat jy verwag het nie; dalk was hy nie goed opgelei nie; dalk was die werk te veel vir hom; dalk was die roumateriaal wat hy gebruik het van swak gehalte of was die gereedskap of toerusting defek.Jy moet dus seker maak wat presies die fout veroorsaak het.

Wanner die werker erken het dat hy die fout wel gemaak het en sê dat hy  jammer is daaroor en dat hy alles in sy vermoë sal doen om die fout in die toekoms nie weer te herhaal nie, behoort jy sy verskoning te aanvaar. Die manier hoe jy hierdie insident hanteer, sal grootliks bepaal, of die werker sal leer uit sy fout en of sy agting vir jou toegeneem of afgeneem het. Is jy ‘n bestuurder, ‘n leier wat genade, barmhartigheid en vergifnis teenoor jou werkers openbaar, behoort ‘n verhouding van wedersydse vertroue tussen julle te ontstaan.

As jy ‘n goeie verhouding met jou werkers opgebou het, sal hulle weet dat as hulle iets verkeerds gedoen het, jy na hulle verduideliking sal luister en dat jy hulle sal teregwys, maar dat jy hulle sal help om dieselfde foute nie te herhaal nie. Maar dit is hierdie werkers wat vergifnis en barmhartigheid van hul hoof ontvang het wat nie sal huiwer om hulle hoof op sy beurt te vergewe as hy ‘n fout sou gemaak het en hulle in die proses benadeel het nie.

Is jy egter geneig om dissiplinêr teen jou werkers op te tree vir die geringste oortredings en jy nooit moeite doen om versagtende omstandighede vir hul optrede te soek nie, sal jou mense jou gou sien as iemand sonder genade, vergifnis of ontferming.

Wie is jy – die man wie se eie skuld afgeskryf is maar wat mense wat hom geld skuld in die tronk laat gooi het, soos beskryf in Mat. 18:26-35, of is jy die Pa van die verlore seun wat sy seun terugverwelkom het al het hy sy erfposie alles uitgemors(Lukas 15:11-31)? ‘Geseënd  is die wat barmhartig is’het Jesus self gesê as deel van Sy Bergrede (Mat.5:7).

(Bron: Bruce Winston: BE A LEADER FOR GOD’S SAKE.REGENT UNIVERSITY, 2002 ,pp 63-71).

Views: 35

Tags: arbeidsake

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Het jy geweet?

Ekerk het ook 'n Engelse webblad... Echurch.co.za.

Vertel gerus vir Engelssprekende vriende en familie!

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Erica Kretschmer, Petro Potas, lara jacobs en 3 ander is deel van Ekerk 12 minute gelede
Profile Icon
Blog posts by Ekerk 4 ure gelede
Profile Icon
Jean van der Westhuizen commented on Ekerk's blog post 'Kom verniet uit die tronk (“Get out of jail free”) Kom verniet uit die tronk (“Get out of jail free”)'
Jesus het die tronkdeure kom oopsluit en die deure oopgemaak, maar daar is soveel mense wat…
14 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Francie Lubbe, VONNE CONRADIE, Ena Coetzee en 8 ander is deel van Ekerk gister

Carry His Name Vroue Konferensie

Christelike Uitgewersmaatskappy

CUM Books

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service