Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!

Deur Milanie Vosloo


Ma’s kyk met spesiale oё na hul kinders. Nie omdat hulle altyd so oulik, slim of gehoorsaam is nie, maar omdat daar iets van God se onvoorwaardelike liefde,
onverpoosde goedheid en weer-en-weer-vergifnis in hul harte geplant is. En dalk
ook omdat sy weet dat haar kinders as’t ware ‘n verlengstuk van haarself is.
Omdat haar kinders vir die wêreld wys hoe sy lyk, hoe sy leef en hoe sy ís.



God kyk met meer as spesiale oё na sy kinders. Wanneer Hy na ons kyk, kyk Hy ver verby ons ongehoorsaamheid, sonde en gebrokenheid. Hy kyk na die bloed van sy
Seun wat al daardie dinge weggewas het en dan sien Hy in sy liefde ons
volmaaktheid. In sy groot ontfermings kyk Hy dan na ons en sê: Jy is Myne. Daarom is my liefde vir jou,
ondanks dit wat jy is, volmaak. Glo, aanvaar en beleef dit en wees dan ‘n
verlengstuk van My presies daar waar jy elke dag leef. Ja, gaan wees jy My.



Hoor jy dit? Hoor jy werklik met hoeveel liefde en deernis die Vader jou wil omarm? En met hoeveel teerheid Hy vra dat jy sy wese sal wees? Dat jy iets van sy
grootheid, goedheid en getrouheid teenoor ander sal gaan uitleef? Die vraag is:
wat maak jy daarvan? Hoor jy dit en gaan dan voort om jou kindwees-lewe op jou
manier te leef, of gaan staan jy vir ‘n oomblik stil by die kruis en sê dan:


“Here Jesus, dankie dat U, lank voor my geboorte, my reeds so lief gehad het, dat U vir my gesterf het. Dankie dat ek daarom met soveel vrymoedigheid voor die
Vader se troon kan verskyn. Grote God, vandag kom ek met ‘n nuwe hart en ‘n
nuwe gees na U toe en vra dat U my skoon sal was van myself en vol sal maak van
U. Dat U my so vol van u liefde sal vul dat ek dit eenvoudig mildelik aan ander
sal uitleef. Wys my waar ek vandag u hande, voete, oё, ore ... u hart kan gaan
wees. Ja, Here, ek wil vandag so kind van U wees, dat U na my sal kyk en sal
sê: Mooi so, my kind. Vandag het jy my
volmaakte liefde werklik gelééf.”



Mag julle in staat wees om ... te begryp hoe breed en lank, en hoe hoog en diep sy
liefde is. Dan sal julle Christus se liefde, wat alle verstand te bowe gaan,
beleef. Mag julle heeltemal met die volheid van God vervul word. Efesiёrs
3:18a, 19



O Vader-God, hoe bevoorreg is ek om u kind te wees. Neem my hand en lei my asseblief om werklik u beeld aan hierdie wêreld te leef.

Views: 6

Tags: vrou

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Susan Kommentaar deur Susan op 24 Junie 2010 om 14:21
Hi Melani

Dit is 'n baie mooi stuk hierdie. Here help ons om werklik U te verteenwoordig in daad en woorde, neem ons en rus ons toe sodat ons 'n verskil in die wereld kan maak. Sonder U leiding kan ons dit nie doen nie- maak ons elke dag doelgerig om te doen wat U van ons verwag. Dankie Vir Melani dat U vir haar ook wysheid gee om ons hier op e-kerk te stig en te bemoedig. Wees met al U Leiers wat U Koningkryk uitdra na 'n wereld wat U so nodig het. Bewaar ons van struikeling en skep in ons 'n opregte hart om U elke dag te volg en U gehoorsame kinders te wees.
Amen

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 11 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 12 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
21 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service