Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
Ekerk

John Ortberg: The Life You've Always Wanted [resensie]

Deur Marius Nel

JOHN ORTBERG
THE LIFE YOU’VE ALWAYS WANTED
Spiritual disciplines for ordinary people
Zondervan & Willow Creek
1997

John Ortberg is ’n bekende Amerikaanse predikant wat verskeie topverkoper-boeke op sy kerfstok het, waaronder Everybody’s Normal Until You Get To Know Them; If You Want To Walk On Water, You’ve Got To Get Out Of The Boat; Love Beyond Reason en Old Testament Challenge.
Richard Foster, skrywer van die klassieke Celebration of Discipline, het die voorwoord van dié boek geskryf en daarin beklemtoon hy dat daar slegs een weg is na die transformasie wat Jesus vir sy volgelinge bedoel het, en dit is langs die weg van die dissiplines.
Ortberg skryf verder oor die antieke weg van die geestelike dissiplines. Hy maak onderskeid tussen die volgende dissiplines: viering as ’n lewenswyse waar elke dag bewustelik geleef word om die volle potensiaal daarvan te ontsluit; die dissipline om stadiger te gaan sodat jy bewus daarvan kan leef dat die Here elke oomblik in en by jou is; gebed; om ’n dienaar te wees; om te bely; om die leiding van die Heilige Gees raak te sien, te verstaan en te volg; die praktyk om in die geheim te leef; en om te reflekteer oor die Skrif.
Die boek begin met ’n beskrywing van die doel van die geestelike lewe, wat egte lewensverandering is. Ortberg waarsku dat ’n pseudo-spiritualiteit ’n groot deel van die kerk kenmerk, en wat geken word deur onegtheid en ’n gebrek aan integriteit, ’n veroordelende gees, hoogmoed en meerderwaardigheid, en uiteindelik ’n matheid omdat dié spiritualiteit hoë eise aan jou stel. Ortberg verbaas hom dat mense nog agter Christus wil aanloop as hy sien hoe sommige Christene Hom party dae volg!
Ware spiritualiteit bestaan daarin om God toe te laat om sy werk self in jou te doen. En die dissiplines skep die ruimte waarbinne Hy dit kan doen.
Dié boek het al menige mens se lewe verander omdat dit baie prakties beskryf watter pad ’n Christen kan loop na lewensverandering. In die tradisie van Dallas Willard en Foster vertel dit van dissipelskap wat uit doelgerigte dissiplines bestaan.
In ’n voorlaaste hoofstuk ontwikkel Ortberg dan ’n Lewensreël soos by kloosters die geval was. ’n Gebalanseerde lewe, skryf hy, bestaan uit die volgende elemente: verhoudings, finansieel, geestelik, beroep, fisies, intellektueel en ontspanning. Wat hier skort, is die begrip dat jy jou lewe moet gee aan iets wat groter as jyself is.
Die laaste hoofstuk behandel die kwessie van lyding wat een of ander tyd oor alle Christene se paadjie kom. Die skrywer verduidelik hoe lyding, nes alle ander aspekte van lewe, God se keuse is om jou te omvorm.
Saam met die boek kom ook ’n Participant’s Guide, met ses sessies wat die boek se inligting vir jou as individu of as egpaar of as lid van ’n kleingroep ontsluit.

Views: 1

Tags: resensie

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 14 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
23 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service