Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!

Deur Marius Nel

ARNOLD MOL

JY KAN WORD WAT JY IS

Praktiese riglyne vir die Christelike lewe

CUM 2010


’n Splinternuwe boek wat eersdaags op die rakke gaan wees is dié een van die bekende dr. Arnold
Mol, ’n gekwalifiseerde bedryfsielkundige wat as bedryfskonsultant werk. Hy is
’n bekende spreker wat lief is om vanuit die Bybel te dink en te praat. Sy
boeke het reeds talle mense se lewens aangeraak en het gehandel oor bestuur,
motivering, konflikhantering, ouerskap en die huwelik. Met dié boek rig hy hom
aan die adres van gelowiges wat voel dat hulle dit nie heeltemal maak nie.
Hulle beleef dit dat God teleurgesteld in hulle is en verstaan nie wat dit help
om steeds te aanhou probeer nie. En terwyl talle kerke so sterk op prestasie
fokus, verloor hulle mettertyd moed.


Daarom die ietwat vreemde titel: jy kan word wat jy is. Die drie dele van die boek is: wat ons is; wat ons kan
wees; wat ons sal wees. Die hooftema is: jy is meer as wat jy besef. Daarom:
laat waai! Begin jou lewe leef in ooreenstemming met die roeping waarmee God
jou geroep het.


Wat belangrik is, is dat ons goed besef wie ons is: mense wat streef na volmaaktheid maar dit net nie kan bereik nie. Maar ook mens wat voor God
skuldig staan omdat ons dit nie maak nie, omdat ons sondig en stukkend is en
omdat ons sonde alles stukkend breek waaraan ons vat.


Genadiglik kan ons ’n tweede verhaal vertel, van Jesus wat voor ons staan wanneer ons voor God se troon gaan staan. Van ’n glimlag op God se gesig nog
voordat Hy ons agter en in Jesus raaksien.


En daarom kan ons iets word: ’n mens wat geestelik groei, wat met skuld kan afreken op ’n Bybelse en realistiese wyse, ’n mens wie se geloof toeneem omdat
die diepte van die verhouding met God toeneem. ’n Mens wat versoekings oorwin
en leer om onaangename mense lief te hê en om mense te vergewe wat teen ons
oortree en wat lyding kan trotseer, in die Naam van die Here. Ons kan verstaan
wat God se wil vir ons lewe is. En dit alles omdat ons in ’n liefdesverhouding
met Jesus leef. Omdat Hy, in Paulus se woorde in Filippense 3, vir ons die
allerbelangrikste geword het sodat ons alle ander dinge as verlies kan afskryf.


En dan hou ons ons oog op die hoop: wat ons gaan word. ’n Nuwe mens, verheerlikte mens, in God wanneer Hy alles aan Hom onderwerp het.


’n Heerlike, geloofsopbouende boek wat jou begelei om nuut oor God, en daarom oor jouself te dink. ’n Moet vir mense wat as ’n mossie voor die spieël
gaan staan, maar ’n arend moet raaksien. Omdat Hy wat in ons is groter is as Hy
wat in die wêreld is.

Views: 21

Tags: resensie

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Ina Cooper, Elizma Theart, Frans Marais en 2 ander is deel van Ekerk 31 sekondes gelede
Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
23 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service