Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
Toe ek en my goeie vriend Dirk vandag die Bokke se gesukkel teen die Wallaby’s sit en aanskou, sê hy, “die Bokke speel sonder ’n plan.” Toe ek huistoe ry bly die gedagte van om planloos te wees my by.

Alhoewel die gesegde van “mense wik, maar God beskik’ waar is, is daar tog baie sin in om ’n plan vir jou lewe te hê en nie maar soos ’n prop op die water rond te dobber waar die stroom jou ook al neem nie.


Paulus skryf in 1Kor 9:26 “Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.” Vir my klink dit soos iemand wat weet waarheen hy op pad is. Paulus het weliswaar nie die rigting vir sy lewe uit sy duim gesuig nie, maar hy was seker van waarvoor die Here hom geroep het en hy het dit heelhartig uitgeleef.


Ek is telkens getref deur iemand wat vertel dat hy of sy van jongs af al geweet het wat hulle eendag wou word en dit dan van vroeg in hul lewens al nagestreef het. Mense met so ’n plan en rigting in hul lewens, is dikwels ook baie suksesvol en oor die algemeen gelukkig in wat hulle doen.


Maar ons is nie almal so nie. Daar is baie mense wat hul hoërskool opleiding voltooi en dan nog steeds nie regtig weet wat hulle wil doen nie. Party kom al in hul middeljare en is dan nog steeds nie seker of dit wat hulle doen regtig die regte ding is nie. Dan lyk dit tog of een of ander plan of doel om na te streef baie rigtinggewend in ’n mens se lewe kan wees. Miskien verkies ek die term visie eerder as doel. In die video “The Power of Vision” word ’n visie voorgestel met die beeld van ’n man wat ’n sterk vloeiende rivier wil oorsteek. Wat hom egter help, is ’n sterk tou wat aan ’n boom op die oorkantste oewer vasgemaak is. Namate hy in die water in beweeg en die stroom aan hom ruk en wil meesleur, is dit die vashou aan die tou wat hom steeds laat vorentoe gaan in die regte rigting.


By ’n hoërskool waar ek eertyds skool gehou het, het een van my landloop atlete eendag vir my kom sê dat hy gaan ophou met die sport. Toe ek natuurlik wou weet hoekom, was sy antwoord, “Meneer, ek speel nog hokkie ook en ek kan nie so baie tyd aan sport afstaan nie. Ek wil eendag ’n mediese dokter word en om daarvoor te kan gaan studeer benodig ek ’n sekere persentasie in matriek wat ek nie gaan kry as ek nie ten minste ses uur per dag aan my skoolwerk spandeer nie.” Hy het toe sy verlangde persentasie behaal en gaan medies studeer.


Sou hy ’n dokter kon word as hy nie daarvoor beplan het nie? Ek glo nie.


Richard Bolles skryf in sy boek “What Colour is your Parachute” dat ’n mens moet vasstel wat jou missie in die lewe is. Hy sê dat ’n persoonlike missie uit drie dele bestaan. Eerstens om God te ken, Sy teenwoordigheid vir ewig te geniet en Sy hand in al Sy werke te sien. Ons missie kom van Hom af. Tweedens om daagliks te doen wat jy kan om die wêreld ’n beter plek te maak, deur die leiding van die Heilige Gees te volg. Die derde deel is uniek aan jou. Dit is om daardie talent, daardie gawe, dit wat jy die meeste geniet om te doen, tot eer van God te beoefen op die plek waar God jou wil gebruik om Sy doeleindes waarvoor Hy ’n behoefte het, te bereik.


Het ek en jy so ’n plan / visie vir ons lewens of weet ons dat ons soos Paulus die Here se wil vir ons lewens leef? Of is dít waarmee ek besig is maar net ’n vasbyt totdat daar moontlik iets beters verbykom of tot ek eendag aftree? Ek glo dat elkeen van ons graag aan die einde van ons lewens sal wil terugkyk en kan sê dit was goed. Van koning Dawid word gesê dat hy ’n ryk en vol lewe gehad het, en Jesus het gesê “Dit is volbring.” Sal ek en jy aan die einde van ons lewens kan sê “Dit was die moeite werd” en soos Paulus in 2 Tim 4:7 “Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou.”?



Views: 34

Tags: Visie

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Lettie Jacobs Kommentaar deur Lettie Jacobs op 25 Julie 2010 om 12:24
David, ek kan net met jou saamstem, want alles wat jy se is waar. Sal ons aan die einde van ons lewens kan se: My lewe was die moeite werd? Paulus se woorde in 2 Tim 4:7 soos jy aanhaal, spreek diep tot my. Groete in Christus.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 13 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
23 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service