Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
deur Coen Slabber

Luister hoe begin Tom Peters ʼn artikel wat hy onlangs geskryf het: A couple of hours in a hot kitchen can teach you as much about business and management as the latest books on re-engineering or total quality management. Nou is hy darem die kluts (of is dit klits) heeltemal kwyt. Hy lys nie minder as elf lesse nie – vars uit die oond!

1. Betrokkenheid. Om ander dop te hou help, maar jy moet jou hande vuil kry. Jy kyk en jy dink jy leer, maar dit is eintlik eers as jy doenig raak met die deeg dat jy werklik leer.
Les: Los die lesings; kry mense so gou as moontlik betrokke by bedienings.

2. ʼn Plan. Probeer nou sonder ʼn resep koekies bak. Nie alleen sorg dit dat jy darem min of meer reg is nie, maar dit gee jou vertroue om te begin.
Les: Enige plan is van waarde – dit gee darem vir jou die gevoel dat jy nie sommer doelloos rondploeter nie.

3. Kuns. Planne is net ʼn raamwerk – nie ʼn wet van die Mede en Perse nie. Resepte is iets waaraan jy gedurig verander totdat jy tevrede is. Dit is die kunstenaars en nie die slaafse navolgers van ander se resepte wat slaag nie.
Les: Blinde navolging van enige plan is dom. Ag, ons wil so graag soos Saddleback of Willow Creek wees. Wees jouself. Jou gemeente is eiesoortig.

4. Pogings en mislukkings. Al is jou resep hier langs jou gaan jy nog foute maak. In die lewe is foute die ding wat jou dryf.
Les: Moenie foute verdra nie – verwelkom dit! Jy leer uit jou foute.

5. Dieselfde foute. Ons hoor dikwels mense sê om foute te maak is reg, jy moet net nie weer dieselfde foute maak nie. Onsin. Ons maak oor en oor dieselfde foute.
Les: Niemand het iets wat regtig die moeite werd is die eerste keer reggekry nie – ook nie die 51 ste keer nie. Hou aan; volhard.

6. ʼn Sin vir humor. Mense lag vir jou as jy die eerste keer in die kombuis werk. Om te eksperimenteer – die spilpunt van die lewe en leierskap – beteken dat jy moet leer om vir jouself te lag.
Les: Leer beteken jy maak ʼn gek van jouself – dikwels in die openbaar. Dis reg, want jy is besig met nuwe dinge. As jy nie waag nie, gaan jy nie ʼn gek van jouself maak nie – jy gaan ook niks anders maak nie.

7. Volhard. As jy iets wil reg doen, mag jy nie sommer tou opgooi nie
Les: Wenners wil graag dinge reg doen en dit vereis fokus en volharding.

8. Perfeksionisme. Die kombuis was ʼn gemors; mense het gespot. As jy wil iets bemeester, moet jy na perfeksionisme streef.
Les: Kreatiwiteit en perfeksionisme is broers.

9. Eienaarskap. As ek vir die koekies verantwoordelik is, is ek verantwoordelik.
Les: Les A: Geen eienaarskap nie, geen passie nie.
Les B: Geen passie nie, geen volharding nie.
Les C: Daar is nie iets soos gedeelde eienaarskap nie.

10. Aanspreeklikheid. As jy alleen aanspreeklik is, sorg jy dat alles glad verloop. Jy verbrand nie die koekies nie.
Les: As jy nie by alle aspekte van die taak betrokke is nie, is jy nie ten volle betrokke nie.

11. Proe. Om iets goed te doen, vereis oefening. Ek mag baie oefen, maar ek sal nooit uitgenooi word om op die TV te kook nie
Les: As jy uitstaande produkte wil hê, moet jy kreatiewe mense kry, lok en behou.

Die probleem van baie leiers is dat hulle aan die hooftafel sit en nooit in die kombuis kom nie. Jy kan nie praat oor hawelose mense of straatkinders as jy nie op die strate kom nie. Dink net watter verskil dit sal maak as alle gelowiges voorskote aantrek en in die kombuis begin werk.

Views: 29

Tags: leier

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 13 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
23 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service