Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!

Ek het al dikwels as ek iemand die eerste keer ontmoet en dit is ‘n baie vriendelike, hulpvaardige en aangename persoon, by myself gedink “Ek dink hierdie moet ’n christen wees.” Gewoonlik as ek so ‘n persoon later beter leer ken, ontdek ek dat ek inderwaarheid reg was. Ek glo dat die Here graag wil hê dat Sy kinders so moet wees.


Dit is asof sulke mense ’n lig in hulle het wat skyn. Hulle straal letterlik. Ek glo dit is waarna Jesus in Luk 11:36 verwys het toe hy gesê het “As jou hele liggaam verlig is en nie ’n enkele donker plekkie het nie, sal dit heeltemal verlig wees soos wanneer ’n lamp jou met sy skynsel verlig.” Vir my is dit altyd lekker om in die geselskap van mense met so ’n ligte gees te wees. Dikwels is dit mense wie se lewensomstandighede baie moeilik is, tog is hulle altyd vol blydskap.


Maar ’n mens kom ook van tyd tot tyd christene teë waar jy ’n gees van swaarmoedigheid waarneem. Dit is waarskynlik waarna in die voorafgaande gedeelte van Luk 11 verwys word. Jesus sê (vers 33): “ ’n Mens steek nie ’n lamp op en sit dit dan weg in ’n kelder of onder ’n emmer nie. Nee, jy sit dit op ’n staander, sodat die mense wat binnekom, die lig kan sien.” Dws daar is lig, maar as jy die persoon ontmoet kan jy amper nie glo dat die Here se lig inderwaarheid in die persoon se lewe is nie.


Dit lyk my die onderskeid tussen die twee lê dalk grootliks in ’n mens se lewensuitkyk. Jy kan vir Jesus ken en die Lig is dus binne in jou, maar jou lewensuitkyk is asof jy deur 'n baie donker bril na die lewe kyk. In verse 34-35 sê Jesus “Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, is jou hele liggaam ook verlig. Maar as jou oog sleg is, is jou hele liggaam ook sonder lig. Pas dus op dat die lig in jou nie donker is nie.”


Ek reken dat in die tyd waarin ons lewe dit veral belangrik is dat ons ons lig só sal laat skyn dat die Lewende God se Koninkryk uitgebrei kan word. Christene en die Woord van God word vandag só verdag gemaak in die media en elders, dat elkeen van ons wat Lig in ons het, moet werk maak van enigiets in ons lewens wat die volle glans van dié Lig kan verdof. Jesus sê ons moet skyn.


In Joh 1:4&5 word daar van Jesus gesê: “In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.” Dws Jesus is die bron van die lig wat uit ons moet straal. Hy het Sy Heilige Gees in ons gegee om ons te vul sodat ons Sy beeld op aarde kan reflekteer.


Dit is belangrik om daarop te let dat ons iets het wat die ongelowiges nie het nie. Lig kan in die donker inskyn en die donker verdwyn. Donker kan egter nie in lig inskyn nie. Daar is slegs donkerte wanneer daar ’n afwesigheid van lig is. Lig kan dus duisternis verdryf omdat dit sterker as die donker is, maar visa versa werk nie. God Drie-enig is almagtig, dws die sterkste een wat die duisternis kan verdryf en “... die duisternis kan dit nie uitdoof nie.”

Views: 6

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Fanie van Emmenes Kommentaar deur Fanie van Emmenes op 28 Julie 2010 om 14:31
Dankie David vir 'n sielsverrykende artikel.
Die Here seen jou.
Lettie Jacobs Kommentaar deur Lettie Jacobs op 28 Julie 2010 om 13:42
David, ek se Amen op jou artikel! Alles wat jy se is waar en so vertroostend en bemoedigend. Laat ons almal vir God lig uitstraal deur die werking van die Heilige Gees. Laat die wereld oortuig word, dis wonderlik om 'n Jesus-kind te wees! Groete in Christus.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 13 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
22 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service