Goeie naand vroue in Christus
As 'n boeremeisie is die beste manier om hierdie nuusbrief te beskryf dat dit vir my soos 'n spilpunt is wat konsekwent by my 'n draai maak en absoluut elke aar voed. Baie dankie vir die moeite en goed deurdinkte konteks waarmee julle hierdie boodskappe vir ons bring.
Ek neem graag die vrymoedigheid om vir julle te vertel van 'n projek waarmee ons besig is by NG Kerk Elarduspark en NG Kerk Heidekoppie. Vir 'n geruime tyd word daar gesels onder die kinderbedieningleiers, ouers en selfs toekomstige ouers dat daar 'n groot behoefte aan ouerleiding maar ook 'n meer aktuele toenadering tot kind grootmaak is. Te danke aan 'n paar betroubare kenners in hierdie veld en hope genade kan ons nou vir hierdie teikengroepe, maar ook enige iemand wat wil, 'n werkswinkel aanbied wat 3 noodsaaklike elemente aanspreek:
Toonaangewende navorsing wat tans beskikbaar is oor kinders in die 0 - 11 jaar ouderdomsgroep (Dr Leon van Zyl)
Praktiese maniere om kreatief met jou kind te kommunikeer, hom/haar/hulle te dissiplineer en vaardigheidsontwikkeling vir daardie ouderdom (Dr Don Roos)
Nuwe kinderbedieningmateriaal soos verskaf deur die Paidion Kinderbediening
Die groot behoefte wat ek WEET bestaan en die ongelooflike waarde van die inhoud van hierdie sessies is wat my dryf om dit aan julle bekend te stel. Aangeheg is 'n inligtingstuk met meer besonderhede. Sal julle asb hierdie inligting versprei aan ons mede-Christenvroue en ook enige ander relevante netwerk.
Luister gerus vir die volgende paar weke na Dr Don Roos op RSG waar hy van hierdie onderwerpe aanspreek. Maandae-oggende tussen 9:10 en 9:45.
Ek hoop om julle daar te sien sodat ek die hand kan skud van die dames agter my spilpunt.
Groete
Ilze van der Merwe
0825121156
Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!
Join Ekerk