Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!

Deur Milanie Vosloo


Kinders wéét dat hulle hul ouers nodig het. Sonder twyfel aanvaar hulle dat hul ouers vir hulle sal sorg, dat daar altyd genoeg sal wees om te eet, hulle warm klere
sal hê en dat hulle hul maar net kan volg. “Kinderlike geloof” noem ons dit. En
goddelike geloof noem Jesus dit wanneer Hy sê dat God se koninkryk juis bedoel
is vir mense wat soos kinders is. (Matt 19:13 – 15)



Liewe mens, ás jy weet dat jou Vader jou meer liefhet as wat enige aardse ouer sy kind ooit kan liefhê en ás jy weet dat Hy áltyd vir jou sal sorg, waarom
probeer jy dan nog so “onafhanklik”
wees? Hoekom bekommer jy jou so dikwels nog oor die dag van môre en
waarom dra jy die hele wêreld op jou skouers? Gee vandag opnuut elke aspek van
jou lewe vir jou Meester wat spesifiek vir jou sê:



· “Kom na My toe, julle
almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik ...
Kom leer by My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal nuwe krag kry
...” Matteus 11:28, 29b


· Deur die krag van sy
Goddelike heerlikheid sal Hy julle toerus met al die krag wat julle nodig het
om in alle omstandighede geduldig te volhard. Kolossense 1:11


· “ ...Alles wat julle
in gebed van God vra, sal julle ontvang, mits julle God daarmee vertrou.”
Matteus 21:22



Kinders kan ongekunsteld speel en die lewe ongekompliseerd geníét omdat hulle wéét hulle is in veilige hande! Jy is ook! Aanvaar vandag die Vader se sorg in jou lewe. Gaan
dan en geníét dit om sommer net te lééf!



Ek verklaar vandag dat ek U nodig het en dat ek nie een tree van my lewe sonder U wil gee nie. Hou my asseblief styf in die holte van u hand vas en neem my op die weg wat ek moet
loop. Ja, Here, neem my las en maak my hart weer lig asseblief.

Views: 8

Tags: vrou

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 13 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
23 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service