Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
deur Milanie Vosloo

Die lewe het ‘n manier om met ons weg te hardloop. Van hanekraai totdat ons ons koppe weer neerlê, is daar maar altyd ‘n 101 dinge om te doen. As ons nie met die huishouding en ons kinders besig is nie, wag die inkopielys ongeduldig op ons of eis iemand anders ons aandag en tyd op. Op ‘n plaas, meer as in enige ander huis, is die werk nooit klaar nie. Daar sal áltyd nog iets wees wat gedoen moet word.

Juis daarom is dit vir die Satan so maklik om ons van ons tyd saam met God af weg te rokkel. Hy weet net hoe besig hy mense moet hou om hulle van die Vader af weg te hou. En so gebeur dit dat ons geleidelik – sonder dat ons dit regtig agterkom – al hoe verder van ons Vader verwyderd raak ... totdat ons later nie eens meer die vrymoedigheid het om met Hom te praat nie.

Wanneer ons ver van Hom af is, is dit nie Hý wat wegbeweeg het nie, dis óns wat weggeskuif het. Dis ons wat – om watter rede ook al – ons fokus op ander dinge geplaas het of bloot net nie tyd aan Hom afgestaan het nie. Intussen wag Hy, soos die pa van die verlore seun, met groot verlange op ons en wens Hy dat ons maar net weer huis toe sal kom.

Kom ons probeer om vanjaar weer meer tyd vir ons liefdevolle God te maak. Kom ons sorg dat ons ondanks ons besige program tyd maak om aan ons Vader se voete te gaan sit, sy stem te hoor en weer die vrede te voel wat ons net by Hom kan vind. Ja, kom ons besluit sommer nou dat ons hierdie maand aan Hom gaan wy sodat ons weer diep in ons harte die bevryding kan beleef dat die Gees by ons is, ons met sy tere liefde omhels en elke oomblik daar is om ons met sy genade en seёn te bederf.

Kom ons bid:

Gees van God, ek erken dat ek ietwat verdwaal geraak het. Dat ek mettertyd van U af wegbeweeg het. Help my om weer my pad huis toe te vind. Om weer in u troue arms te wees en te voel hoe U my lief het. Maak my stil genoeg sodat ek u stem sal hoor, geduldig genoeg sodat ek sal wag op u boodskap aan my en doelgerig genoeg dat ek u wil sal doen. Gee aan my in dié maand die rykdom van u teenwoordigheid en help my om dan onlosmaaklik deel van u heiligheid te bly. Ja, Here, maak my weer ‘n naby-aan-U-kind!

Views: 2

Tags: vrou

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

pieter smith Kommentaar deur pieter smith op 23 Julie 2010 om 16:39
Is dit tog nie so waar dat vir ons mense kinders godsdiens meestal aan die agetrspeen moet drink. As ons 'n fliek op tv kyk of die rygby wat tenminste 2 ure van ons tyd inbeslag neem dan doen ons dit sonder enige inspanning. Waneer ons 'n uur oin die kerk moet sit begin ons na 70 minute op ons horlosies kyk en rond vroetel. Ons tyd saam met God en sy kerk(medegelowiges) moetvir ons so kosbaar wees dat ons amper hartseer moet wees as die leeraar sê amen. Self skuldig maar werk hard daaraan.
Fanie van Emmenes Kommentaar deur Fanie van Emmenes op 23 Julie 2010 om 14:50
Dankie Milanie vir 'n "laatdink" artikel.
Lettie Jacobs Kommentaar deur Lettie Jacobs op 23 Julie 2010 om 10:57
Amen Milanie! Mag die Gees van God my ook voortdurend saggies vorentoe stu, na Jesus toe. Die wegbeweeg gebeur tussen al die werskaf deur ongesiens en ek wil altyd die Here se "naby-aan-U-kind" wees! Groete in Christus.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 13 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
23 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service