Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
Ekerk

Ons is nie hemelse braaigereedskap nie

Deur Stephan Joubert

Een van Monty Python reeks se gebede lui as volg:

Oh Lord please don’t burn us
Don’t kill or toast your flock
Don’t put us on the barbecue
Or simmer us in stock
Don’t bake or baste or boil us
Or stir us in a wok

Miskien is hierdie kos-gedrewe gebed nie te ver van die werklikheid af nie. Wel, ten minste nie vir baie goeie en opregte mense wat na jare se kerkwees steeds voel hulle skiet te kort nie. Hulle is voortdurend bewus hulle doen te min vir God. Hulle voel gedurig hulle stel Hom diep teleur. Ek het gedog net ouer mense voel so wat met kwaai Godsbeelde opgegroei het. Maar toe ek onlangs met ‘n klompie jong volwassenes en jeuggroepe in verskillende gemeentes gepraat het, was ek verstom oor die wyd verspreide gevoel van “te min te laat” wat in oulike en goeie gelowiges se harte heers. As ek die jongmense vra hoekom voel hulle gedurig hulle maak dit nie in God se oë nie, dan is hulle antwoord keer op keer min of meer dieselfde: “Ons voel heeltyd ons steek sleg af teen ander groot gelowiges wat sulke groot dinge vir die Here doen. Ons is nog nie daar nie.” ‘n Geestelike minderwaardigheidsgevoel teenoor God is die gevolg!

Goeie nuus direk uit die Bybel is dat God ons regtig nie gebruik om mee kos te maak nie. Hy braai, brand, kook, stoom of prut ons nie in sy hemelse kombuis omdat ons te lig bevind is om as gaste aan sy tafel aan te sit nie. Die apostel Johannes skryf glashelder in 1 Johannes 3:1 dat die Vader juis sy groot liefde aan ons bewys het deur ons sy kinders te noem. Hoor mooi, Hy noem ons nie sy braaigereedskap of slaansakke nie. Ons is geliefde kinders van God wanneer ons agter Jesus aan leef. So eenvoudig soos dit.

Views: 3

Tags: stephanseblog, watookal/whatever

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Pierre Immelman Kommentaar deur Pierre Immelman op 26 Julie 2010 om 19:35
Amen.

Ek en 'n groep vriende (broers en susters) het gister na die "lokasie" - die area bewoon deur hoofsaaklik swartmense van Middelburg, Mpumalanga opgeruk en na die gemeenskap in Jesus se naam uitgereik.

Ek voel al 'n geruime tyd soos 'n prins - ek is mos die Koning se kind. Ek weet dat sy Gees in my is en dat ek in Jesus bevry en verlos is. Dat ek volmag het om hier op aarde te heers, maar toe kry ek 'n bietjie teenstand van 'n somaliese moslem-man.

Ek was so oortuig daarvan dat ek wat 'n prins is daardie man vir Jesus kon wen, maar...die kultuur en die taalgrens het dit eerstens vir my moeilik gemaak - maar, het ek gedink, dit is nie 'n probleem nie, die Heilige Gees is mos met my -, tweedens was hy 'n geharde moslem.

Ek en my vriende is daar by hom weg nadat hy daarem erken het dat die enigste weg na die ewige lewe is deur Jesus.

Maar steeds het hy Jesus as 'n profeet gelykstaande aan Mohamed gesien. Aanvanklik is ek daardeur ontnugter en het ek gevoel ek het gefaal. Net soos hier in Stephan se artikel geskryf staan...

Dit is egter later toe ek aan die gelykenis van die saad wat gesaai is dink, het ek daarby berus dat ek slegs die saad kon saai. Dis nie my keuse of die saad in enigeen gaan groei nie. Dat ek "gerattle" is gewis so.

Dankie vir Stephan dat hy 1 Johannes 3:1 aanhaal.

Groete
Pierre
Lettie Jacobs Kommentaar deur Lettie Jacobs op 26 Julie 2010 om 14:20
Ek kan net se: "Amen". Dankie vir die voorreg om Jesus te volg, op alle vlakke van die lewe. Ja, party dae voel ek ook maar ek steek sleg af teenoor wat ander dames in die kerk doen, maar God bewys sy liefde aan ons deur ons sy kinders te noem, soos Stephan so mooi stel. Dis 'n groot troos! Groete in Christus.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 13 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
23 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service