Ekerk

deur Stephan Joubert

"You made my day,"
sê die petroljoggie nou die dag vir my. 'n Breë glimlag sprei regoor sy gesig. Ek was oorbluf. "Wat het ek gedoen?" vra ek totaal verbaas. "You called me sir!" antwoord hy. Toe vertel hy my hoedat mense hom dikwels afjak en selfs met minagting behandel. Hy wou weet hoekom ek hom "sir" genoem het. Al waaraan ek kon dink, is dat die Here se Woord my leer om mense met respek te behandel en dat ek presies dit probeer doen. Toe sê ek dit vir hom.

Toe ek daar van die vulstasie af wegry, besef ek net opnuut weer hoe maklik dit eintlik is om klein dingetjies in die Heer se Naam te doen, soos om mense met respek te behandel. Hoe jammer dat ek nie aldag ewe goed daarin slaag om elkeen wat my pad kruis op die hande te dra nie. Ewe jammer dat, toe ek hierdie verhaal iewers gedeel het, iemand dadelik vir my sê ek leef seker nie in die regte Suid Afrika nie. "Bedelaars, petroljoggies en werkloses is net daarop uit om te steel en te plunder," het hy bygevoeg. "Eintlik doen almal dit deesdae," was sy konklusie.

Ekskuus, maar ek het nie die luukse om te veralgemeen soos hierdie beswaarde nie. Ek ken nie vir "almal" na wie hy verwys nie. En ek weet ook nie wat "almal" se bedoelings is nie. Maar die Here Jesus leer my in Matteus 5-7 dat ek nie die luukse het om te veralgemeen deur soos "almal" te dink of te leef nie. Daarom weet ek die persoon hier reg voor my is nie "almal" nie, maar 'n unieke skepping van God. Daarom probeer ek hom of haar nie soos "almal" behandel nie.

Tags: goeienuus

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Afdelings

Aanbidding
Arbeid
Bou-'n-Huis
Delf Dieper
Een Tot Een
Goeie Nuus
Grond Vat Stories
Huwelik
Jongspan
Kernkrag
Koffie
Leier
Nood
Omgee
Pitkos
Die Kosblik
Vraag & Antwoord
Vrou
---------
Stephan Se Blog
---------
Vir die argiewe, kliek hier om alle ekerk artikels van Junie 2008 tot Februarie 2010 af te laai.

Nuutste Bedrywighede

Self, as mens, sal ek nie met oop oe kan droom nie! Alleen deur Jesus met die krag van die Heilige Gees, is dit waarlik moontlik. Watter wonderlike voorbeeld is Jesus nie vir ons nie. Mag ons Hom navolg en "dream with one's eyes wide open", al is di…
1 uur gelede
Pieter, jy maak al klaar 'n verskil! Soos David is ek so bly dat jy die ware lewe ontdek het, gaan voort op hierdie ontdekkingsreis en vind die wonderlike avonture wat voorle! Ons dank die Heer dat jy METANOIA ontdek het! Jou keuse was reg! Groete i…
1 uur gelede
Dankie Fanie vir hierdie boodskap van hoop in 'n tyd waar alles soms so hopeloos lyk. Ek wil in hierdie hoop leef, "want Christus is ons hoop op die heerlikheid." Groete in Christus.
1 uur gelede
Ekerk het 'n blog bygevoeg
Deur Stephan Joubert Jesus’ first resting place here on earth was a manger. What a strange place to start his journey! It brought his speed way down. Suddenly, divine speed was much slower than ever. At the beginning of time God only had to slow do…
2 ure gelede
Ek het ook die boek gelees. Ek stem saam. Veral die gedeelte oor Daniël het my 'n nuwe perspektief op integriteit gegee.
4 ure gelede
Ek is saam met jou dankbaar dat jy hierdie nuwe / ware lewe ontdek het. Dit is voorwaar 'n wonderwerk wat net die Here kan doen om 'n mens se lewe so om te draai.
4 ure gelede
Pieter wil by E-Kerk en by ander nuut gemaakte mense van God. Ai, dit is darem lekker daardie eerste roes van nuwe liefde vir God. Paulus is nog steeds reg as hy in 2 Kor. 5 : 17 se : Daarom as iemand in Christus is, is hy hy 'n nuwe skepsel. Die ou…
6 ure gelede
Fanie van Emmenes het 'n blog bygevoeg
En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U my gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is ( Joh. 17 : 22 ). Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander o…
7 ure gelede
Marleen Olivier, Tobie Jooste, Salome Kritzinger en 6 ander is deel van Ekerk
8 ure gelede
Elza Stander and Hester Human are now friends
8 ure gelede
pieter smith het 'n blog bygevoeg
24 Junie 2010. Die datum wat ek my lewe ten volle aan die Here oorgegee het. Ek voel soos 'n nuwe mens maar my familie ken nie die nuwe mens nie. Pa wil dan nou elke aand bybel lees en bid en vir ons vertel hoe groot en goed God is. My vrou bekyk di…
9 ure gelede
Hester, dis wonderlike nuus! Ons bid vir volkome herstel en mag God julle in hierdie tyd steeds versterk en bemoedig! 'n Pragtige dag vir jou en al die Ekerkers wat saam gebid het! Groete in Christus.
9 ure gelede

© 2010   Gestig deur Ekerk

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service