Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!


deur Stephan Joubert

Geen twee mense op aarde deel ooit dieselfde vingerafdrukke nie. Maar het jy geweet ons oogafdrukke is ewe uniek? Die ontwikkelaar van die Iris ID, John Daugmann van Cambridge Universiteit in Engeland, het reeds meer as 30 miljoen oogafdrukke van mense met mekaar vergelyk. Geen een van hulle is dieselfde nie. Asof dit nie genoeg is nie, kan ons elkeen se 23 paar chromosome op 8,388,608 verskillende maniere verbind. Dit roep hardop uit dat ons elkeen uniek is.

Nie net ons vingerafdrukke en ons oë sê egter dat ons uniek, kosbaar en spesiaal is nie. God bevestig dit oor en oor in die Bybel. Vat maar net Psalm 139:14 waar Dawid dit uitjubel dat die Here ons op 'n wonderbaarlike manier aanmekaar gesit het. Ons is die absolute hoogtepunt, die magnum opus, van al God se handewerke hier op aarde. Dalk is dit hoekom Vincent Van Gogh op 'n keer gesê het Christus is die grootste Kunstenaar ooit. Volgens Van Gogh werk Hy egter net met lewende kunswerke in plaas van dooie standbeelde! Christus omvorm lewende mense met sy aanraking in beelddraers van die lewende God.

Hoekom praat ons soms so afbrekend oor onsself as ons dan so uniek aanmekaar geweef is? Hoekom fokus ons graag op ons tekortkomings? Sien 'n slag raak dat daar net een soos jyself in die hele heelal is. Laat jou een en enigste lewe voltydse hemelse musiek vir God maak. Maak goeie klanke met daardie bietjie, of die baie kanse en geleenthede wat jy tot jou beskikking het. Laat elke oomblik tel... want dit doen!


Gebedsriglyn

Wees dankbaar voor God oor die uniekheid van die ganse skepping.

Views: 31

Tags: goeienuus

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Lettie Jacobs Kommentaar deur Lettie Jacobs op 26 Julie 2010 om 14:11
Die afgelope tyd is Psalm 139 vir my en my dogter wat swanger is, so kosbaar! Maar onsself is deur die grote God so uniek aanmekaar geweef! Soos Stephan se, "Hoekom fokus ons graag op ons tekortkomings?". God se DNA is deel van ons! Elke sel bevat sy eie DNA, maar die wonder wat alles so uniek maak, is juis dat ons ook van mekaar verskil, God het ons so geskep! Ek staan net in verwondering voor die groot Skepper God! Daar is net een ek in die heelal! Prys die Heer! Laat ek die kanse nie laat verbygaan om vir my Heer iets te doen nie. Groete in Christus.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 13 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
22 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service