Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!

HY HET ALLEEN AGTERGEBLY, (GEN 32:24)

Soos Jacob, weet baie van ons hoe dit voel om alleen agter te bly. Met die sterfde van n geliefde,

die einde van n vriendskap, of n egskeiding, maak dit nie saak hoe geestelik jy is nie, dit maak seer!

Emosionele pyn is vir die siel soos fisiese pyn vir die liggaam; dit vertel jou dat daar iets verkeerd is; dat

jy God nodig het om jou te lei deur die uitdagings en ontwrintings om die gebeure te verwerp. En omwenteling

begin nie wanneer jy omring is deur mense nie, dit begin in alle erns wanneer jy alleen agterbly.

Jy mag dalk sonder ander mense kan oorleef, maar nie sonder God nie. Dit is waarom Hy soms alles wegstroopwat ons van ander mense afhanklik maak. Hy stuur individue na jou om jou geloof te versterk en jou karakter te ontwikkel

Wanneer hul nie meer daar is nie, laat dit jou met die versekering dat God in beheer is.

Om n geliefde te verloor.

a) Ontwikkel jou Geestelike spiere.

b) Toets jou uithouvermoe.

c) Wys jou die omvang van God se mag.

Toe Moses gesterf en Josua in bevel gelaat het, het God vir hom gese, Soos wat ek by Moses was, so

sal Ek ook saam met jou wees.(Jos1:5 nlv) Dit is iets wat Josua nooit sou geweet het terwyl Moses nog

geleef het nie. En dit is n les wat jy nie kan leer terwyl jy anrwoorde by ander mense soek nie.

In Markus 4:39 wanneer Jesus die see en stormwind beveel om stil te wees, het daar n groot rustigheid

gekom; Te middle van die storm. Vra Hom om jou by te staan en vrede uit te spreek oor die dinge wat

jou ontstel. HY SAL DIT DOEN. Lees Jes 40;1tot 31

Ai Vriende

Dit is nie maklik om n geliefde te verloor nie:

My pa is die 22 Junie so skielik oorlede, aan n

hartaanval, hy het probleme met die hart gehad,

en ons het geweet hy het net genade tyd hier by ons,

maar tog was dit n geweldige skok, ons het daar gekuier

toe dit gebeur het. Dit wys jou net ons lewe is nie in ons hand.

My e kerk vriende, bid asb vir my ma, sy vat dit baie swaar, al het sy

geweet hy sal nie meer lank lewe nie, is dit vir haar baie swaar so

alleen. Baie Dankie Groetnis in Jesus se liefde.

Views: 42

Voeg Kommentaar By

Jy moet 'n lid wees van Ekerk om kommentaar te lewer!

Join Ekerk

Fanie van Emmenes Kommentaar deur Fanie van Emmenes op 26 Julie 2010 om 11:32
Veronica ons bid dat julle die troos van die Heilige Gees sal ervaar. Dat Sy vrede wat alle verstand te bowe gaan julle deel sal wees. Ek bid vir julle.
Lettie Jacobs Kommentaar deur Lettie Jacobs op 24 Julie 2010 om 22:11
Veronica, my innige simpatie met jou pa se afsterwe en dra dit ook oor aan jou familie en moeder. Ek is ook 'n paar jaar gelede deur dieselfde trauma en het my ma ook intussen verloor. Nou moet jy as jou ma se dogter regtig daar wees vir haar, ons bid vir haar dat God die troos sal bring. Sy het net jou pa se herinneringe om aan vas te hou en God die Vader hou haar ook styf vas. Baie sterkte in Christus aan julle as familie. Groete in Christus.

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 13 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 13 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
22 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service