Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
Ekerk

Waarom het die ekerk finansiële ondersteuning nodig?

Net soos enige ander gemeente of kerk, is die ekerk afhanklik van finansiële ondersteuning om te kan oorleef. Die ekerk is geregistreer as ‘n Artikel 21 maatskappy sonder 'n winsoogmerk. Alle inkomstes word aangewend om direkte bedryfsuitgawes te dek. Ten minste 10% van die ekerk se inkomste word weggegee aan hulpbehoewende mense, evangelisasie projekte, ens. Daar sal ook gereeld op Nood-e terugvoer gegee word oor al die ekerk se weggee aksies.

Hoe kan ek die ekerk finansieel ondersteun?

Dit is baie maklik om die ekerk finansieël te ondersteun. Daar is 3 keuses:

1. Debietorders: deur 'n debietordervorm te teken vir 'n bedrag van so min as R25.00. Jy kan self besluit of dit maandeliks, kwartaalliks, halfjaarliks, of jaarliks aangebied moet word.

Jy kan te eniger tyd 'n debietorder kanselleer deur skriftelik kennis te gee van die voorneme. Kontakbesonderhede is beskikbaar op die debietordervorm.

Hierdie fasiliteit is ongelukkig net beskikbaar vir SA kredietkaarte en bankrekeninge. Laai die ekerk debietordervorm hier af.

2. Direkte inbetaling in die ekerk bankrekening. Kontak die ekerk vir die nodige besonderhede by driescronje@gmail.com.

3. Deur van die GivenGain donasie funksie gebruik te maak hiernaas.


Wie en wat is GivenGain?

Die ekerk het ‘n verbintenis met GivenGain aangegaan, waarvolgens die leser op ‘n veilige manier elektroniese bydraes tot die ekerk kan maak. GivenGain maak dit maklik om donasies aan die ekerk te maak, deur voorsiening te maak van verskeie betalings meganismes wat regoor die wereld gebruik kan word.

Dit is baie maklik om op GivenGain ‘n bydrae aan die ekerk te maak. Kliek net op die GivenGain skakel hiernaas en vul die donasie-vorm in. Daarna sal GivenGain aan jou ‘n e-pos stuur met die ‘username’ en ‘password’ waarmee jy die transaksie sal kan afhandel. Jy het die opsie om ‘n eenmalige of herhalende bydrae aan die ekerk te maak vanuit enige van jou persoonlike bankrekenings.

GivenGain verskaf aan jou toegang tot ‘n "Responsible Giving Manager" funksie, wat aan jou ‘n volledige geskiedenis verskaf van alle bydraes wat deur jou aan die ekerk gemaak is.

Jou sekuriteit is vir ons belangrik. GivenGain maak gebruik van verskeie sekuriteitsmaatreëls om te verseker dat jou GivenGain transaksies veilig is. GivenGain vereis dat jy op hul beskermde (‘secure’) webblad aanteken. Maak altyd seker dat die adres van die webblad begin met https://www.givengain.com/ (neem kennis van die 's' na 'http'). Moet onder geen omstandighede jou GivenGain password invul op ‘n bladsy wat nie met https://www.givengain.com/ begin nie. Bewaar u ‘password’ in ‘n veilige plek en moet dit onder geen omstandighede aan iemand anders verskaf nie.



Views: 91

Kommentaar is gesluit vir hierdie blog artikel

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 11 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 12 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
21 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service