Loer gerus na die vele artikels, videos, preke, fotos en ander hulpbronne wat daagliks op die ekerk webblad. beskikbaar is. Skryf kommentaar, stuur dit aan of laai jou eie op!

Ekerk stuur weekliks 'n hele klompie nuusbriewe uit met 'n verskeidenheid van onderwerpe. Skryf in vir die Manne, Vroue, Leier, Goeie Nuus of Kernkrag nuusbriewe. Kliek hier vir meer.

Ekerk ondersteun 'n verskeidenheid noodprojekte. Bou-'n-huis, MosaiëkSA, en Pure Hope is maar net 'n paar. Kliek hier om saam met Ekerk die wêreld stukkie vir stukkie te verander!
Wie is die ekerk?

Ekerk se doel is om mense regoor die aarde op die internet met die Here se Goeie Nuus te bedien. Saam met Stephan Joubert fokus ‘n span toegewyde Christenleiers gereeld op verskillende fasette van kerkwees.

Hoekom ‘n ekerk?

Om vir mense oor die virtuele ruimtes te vertel van die Goeie Nuus dat Jesus Christus die Heer en Redder is. Juis op die internet moet hierdie fantastiese boodskap op nuwe maniere weerklink!
Om gelowiges regoor die aarde te bemoedig en geestelik toe te rus;
Om konkrete hulp te verleen aan gelowiges wat swaarkry; en
Om van tyd tot tyd toerusting te bied aan Christengroepe regoor die wêreld deur middel van besoeke, kursusse en prediking.

Wat glo die ekerk?

Dat Jesus Christus die enigste Heiland en Redder is. Deur die Heilige Gees se werk kan net Hy ons in die regte verhouding met God bring. Net Hy gee vir altyd nuwe lewe;
Dat die Bybel God se unieke, gesagvolle Woord is; en
Dat die kerk van die Here almal regoor die aarde insluit wat voor die drie-enige God buig en bely dat Hy met ons op pad is na ‘n splinternuwe wêreld toe.

Dubbele lidmaatskap

Die Ekerk is glad nie ‘n eksklusiewe kerk nie. Hier mag jy maar dubbele lidmaatskap hê, want jy moet ook nog by jou plaaslike kerk inskakel! Saam met jou eie kerk wil die Ekerk jou dien en begelei om die goedheid van ons wonderlike God nog beter te verstaan. As jy dalk ver van ‘n kerk af bly, of iewers in die buiteland sukkel om by ‘n vreemde kerk in te skakel, dan wil die Ekerk graag jou kerk wees!

Hoe funksioneer die ekerk?

Om te voldoen aan die rede vir sy bestaan, funksioneer die ekerk op verskeie maniere:

Weeklikse e-posse. Elke week word ‘n stukkie Goeie Nuus en Kernkrag aan alle lede van die Ekerk gestuur. Hierdie e-posse is ook in Engels beskikbaar. (Teken asseblief in op die webtuiste as jy dit ook graag wil ontvang.)
Verder word verskillende aspekte wat jou geloof raak op die webtuiste aangebied. Bybelstudie; materiaal vir omgeegroepe; boekresensies, ‘n uithangplek vir die jeug en jongspan; afdelings spesiaal vir vroue; ‘n kuierhoekie saam met bekendes en leierskaptoerusting word ook aangebied. Daar is ook rubrieke vir arbeidsake, die huwelik, aanbidding, projekte en die enkelouer. Hierdie materiaal word gereeld opgedateer. Die verskillende medewerkers, elkeen ‘n spesialis op sy of haar gebied, kan persoonlik gekontak word deur middel van e-pos adresse wat op die webblad verskyn.

Daar is ook ‘n groepie toegewyde gelowiges wat mense wat probleme het met gebed en raad bystaan.

Nuusbriewe. Die ekerk stuur maandeliks nuusbriewe uit aan vroue, manne en leiers.
Daar is twee toegewyde spanne dames (in Pretoria en in Kemptonpark) wat projekte onder hulpbehoewendes hanteer. Op ‘n spesiale afdeling van die webtuiste (nood), sal daar van tyd tot tyd verslag gedoen word van hierdie liefdesdiens.

Die Ekerk is geregistreer as ‘n nie-winsgewende maatskappy wat bestuur en geadministreer word deur ‘n bestuur van Christenleiers vanuit verskillende velde en ‘n geoktrooieerde rekenmeester. Donasies aan die Ekerk kan direk gemaak word op die webtuiste. 10% van alle bruto inkomstes word vooraf weggegee aan hulpbehoewendes, asook alle ander fondse nadat administratiewe kostes gedek is.

Indien u enige vrae het, kontak ons gerus.

Views: 853

Kommentaar is gesluit vir hierdie blog artikel

Videos

  • Voeg Videos By
  • Sien Nog

Ontvang gratis Ekerk se epos





Nuusbriewe:



Jy kan ook hier kliek om te registreer om die daaglikse artikels in jou epos inboks te ontvang, soos wat hulle op ekerk verskyn.

Boodskap van Stephan

Kliek hier om 'n welkom video vanaf Stephan Joubert te kyk, of kliek op enige van die sosiale netwerke hieronder om met ekerk op ander platforms te skakel!

 

 

Nuutste Bedrywighede

Profile Icon
Blog posts by Ekerk 11 ure gelede
Profile Icon

Rede genoeg?

In 1984, vertel ‘n kollega, het hy ‘n geskenk by die werk gekry. Net om dankie te sê vir ‘n jaar se…See More
Blog post by Hennie Fritz 12 ure gelede
Profile Icon
ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail
Frans Marais, Yolandi Dixon, Elizma Theart en 1 ander is deel van Ekerk 12 ure gelede
Profile Icon
Louis van Essen commented on Ekerk's blog post 'Die moed ... om sy leiding te volg'
Dankie vir hierdie stukkie, ek het hom nogals nodig gehad vanoggend!!! Louis.
21 ure gelede

Carry His Name Vroue Konferensie

© 2012   Created by Ekerk.

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service